SuperSport Schools News

Voorskou – Paul Roos vs. Paarl Gimnasium

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-05-14

Paul Roos Gimnasium se onoorwonne status vanjaar op die rugbyveld sal vandag om 12:15 in die Markotter-stadion in Stellenbosch behoorlik deur Paarl Gimnasium getoets word. Die span van die Eikestad het verlede jaar in die Paarl met 16-10 koning gekraai en hiermee ook vir die eerste keer vir Gimmies sedert 2006 op sy agterplaas geklop.  

Die wedstryd word regstreeks op SuperSport gebeeldsend en is deel van die Premier Interschools program. 

Paul Roos is onlangs as kampioen van die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan gekroon na hy Brisbane Boys’ College met 35-3 in die eindstryd oorrompel het. Paarl Gimnasium se enigste nederlaag sover vanjaar het teen Bishops (35-32) gekom. Die span van die Paarl sal veral die tuisspan se vleuel, Nico Leonard, wil hokslaan. Leonard het vanjaar al 15 keer agter die doellyn gaan kuier. 

Gimmies het self ‘n makro-vleuel in Max Thalwitzer. Die twee is egter nie direkte teenstanders in die kragmeting nie. Gimmies se gereelde senter, Taigh Schoor, sal van die plaasvervangersbank sy verskyning op die veld maak. Die breier, Christoff Lotter, het besluit dat George Lourens en Charl du Toit die middelveld Saterdag sal beman. 

In 2011 was ‘n bydrae van 20 punte deur Gimmies se jongste Springbok, Handre Pollard, nie genoeg om aan sy span ‘n sege te besorg nie. Pollard het ses strafdoele en ‘n doelskop tussen deur die pale gejaag, maar Gimmies moes steeds met 34-30 die knie buig. Paul Roos se stut, Migael Grobler, het twee keer oor die doellyn geval. Die vleuel, Andre le Roux, het met vyf strafdoele en twee doelskoppe geslaag. 

Gimmies het was meeste van die interskole-kragmetings tussen die twee skole sedert 1990 aan die wenkant. 

Vorige kragmetings (sedert 1990): 

2014Paul Roos Gimnasium16Paarl Gimnasium10Paarl 
2013Paarl Gimnasium24Paul Roos Gimnasium15Stellenbosch 
2012Paarl Gimnasium28Paul Roos Gimnasium8Paarl 
2011Paul Roos Gimnasium34Paarl Gimnasium30Stellenbosch 
2010Paarl Gimnasium30Paul Roos Gimnasium27Paarl 
2009Paul Roos Gimnasium47Paarl Gimnasium36Stellenbosch 
2008Paarl Gimnasium17Paul Roos Gimnasium14Paarl 
2007Paarl Gimnasium58Paul Roos Gimnasium12Stellenbosch 
2006Paul Roos Gimnasium19Paarl Gimnasium14Paarl 
2005Paul Roos Gimnasium23Paarl Gimnasium13Stellenbosch 
2004Paarl Gimnasium15Paul Roos Gimnasium10Paarl 
2003Paul Roos Gimnasium16Paarl Gimnasium16Stellenbosch 
2002Paarl Gimnasium28Paul Roos Gimnasium12Paarl 
2001Paarl Gimnasium11Paul Roos Gimnasium0Stellenbosch 
2000    Paarl 
1999Paul Roos Gimnasium15Paarl Gimnasium13Stellenbosch 
1998    Paarl 
1997Paarl Gimnasium27Paul Roos Gimnasium9Stellenbosch 
1996    Paarl 
1995    Stellenbosch 
1994Paarl Gimnasium25Paul Roos Gimnasium21Paarl 
1993Paarl Gimnasium10Paul Roos Gimnasium8Stellenbosch 
1992Paarl Gimnasium13Paul Roos Gimnasium10Paarl 
1991Paul Roos Gimnasium20Paarl Gimnasium12Stellenbosch 
1990Paul Roos Gimnasium31Paarl Gimnasium12Paarl 

Die spanne is:

Paul Roos Gimnasium: 15 Joshua Vermeulen, 14 Nico Leonard, 13 Troy Payne, 12 Kristoff Baard, 11 Jason Myburgh, 10 Damian Willemse, 9 Joss van Eeden, 8 Malan Basson, 7 Roelf Burger, 6 Dean van Tonder, 5 Joa Swart (kaptein), 4 Lazlo Pscorn, 3 Stephan Annandale, 2 Abrie Coetzee, Muammir Salie.  

Paarl Gimnasium: 15 Naudé Wessels, 14 Max Thalwitzer, 13 Charl du Toit, 12 George Lourens, 11 Keenan Abrahams, 10 Wian van Zyl, 9 Zak Burger, 8 Muller Uys, 7 Gustav Marais, 6 Johan Visser, 5 Ernst van Rhyn (kaptein), 4 MJ Hayes, 3 O’Neil Thiart, 2 Johan Grobbelaar, 1 Rohan Hamman. 

Afskop: 12:15

 

 

2011

Paul Roos Gimnasium 34 (13) – Driee: Migael Grobler (2), Bokkie Carstens. Doelskoppe: Andre le Roux (2). Strafdoele: Le Roux (5). Paarl Gimnasium 30 (13) – Driee: Corne Cooper, Daniel du Toit. Doelskop: Handre Pollard. Strafdoele: Pollard (6). 

Paul Roos 34 (13), Paarl Gim 30 (13): PAUL ROOS – Drieë: Migael Grobler (stut, 2), Bokkie Carstens (skrumskakel). Doelskoppe: André le Roux (vleuel, 2). Strafdoele: Le Roux (5). PAARL GIM – Drieë: Corné Cooper (flank), Daniël du Toit (senter). Doelskop: Handré Pollard (losskakel). Strafdoele: Pollard (6).

2010

Paarl Gimnasium 30 (20) – Driee: Jacques Botha, Christiaan Smit, Mynhardt Kitshoff. Doelskoppe: Willie Viljoen (3). Strafdoele: Viljoen (3). Paul Roos Gimnasium 27 (3) – Driee: Craig Barry, Darryl Ndajilla, Renier Marais, F Smal. Doelskoppe: Gideon Meiring (2). Strafdoel: Meiring. 

2003

 

Paul Roos (6) 16, Paarl-gim (8) 16: PAUL ROOS — Drie: Normal Laker (senter). Doelskop: Morné Blaauw (losskakel). Strafdoele: Blaauw (3). PAARL-GIM -Drieë: Mario Ruster, Andre Botha (vleuels). Strafdoele: Willem Laubscher (losskakel, 2). 

2002

 

Paarl-Gim (13) 28, Paul Roos (0) 12: Paarl-gim Drieë: Daniller (heelagter), Du Toit (vleuel), Burger (flank). Doelskoppe: Duvenage (losskakel, 2). Strafdoele: Duvenage (2). Skepdoel: Duvenage. Paul Roos Strafdoele: Van der Westhuizen (4).

2001

 

Paul Roos-Gim 0, Paarl-Gim 0 (11): Paul Roos kon nie sy gebiedsvoordeel in punte omskep nie grootliks weens ‘n gebrek aan deurdringingsvermoë terwyl Paarl-Gim sy veel minder puntekanse aangegryp en ‘n oorwinning verseker het. Albei spanne se verdediging was van hoogstaande gehalte. Die enigste drie is deur die Paarlse voorryman Gouws gedruk, terwyl Duvenhage (losskakel) twee strafskoppe deur die pale gejaag het.

 

 

1997

 

Paul Roos (9) 9, Paarl-Gim (9) 27: Goeie dryfspel deur Paarl-Gim se voorhoede het die besoekers die toon laat aangee. Nadat Paul Roos aanvanklik uitstekend verdedig het, het die Gimmies met drie drieë in die tweede skof ‘n goeie oorwinning verseker. Mooi bewegings het uitgeloop op drieë deur Smith (vleuel), Joubert (senter) en Myburgh (heelagter). Bester (losskakel) was met die doelskoppe onsuksesvol, maar het wel vier strafdoele behaal. Vir die Stellenbossers het Strydom (losskakel) met twee strafskoppe en ‘n skepskop geslaag.

 

1994

PAARL-GIMNASIUM bly maar Paul Roos se tier. Die Stellenbossers het eergister in die jongste reeks o.19A- skolerugbywedstryde in die WP hul eerste nederlaag op die lyf geloop toe die Gimmies hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar naelskraap geklop het. Verslae van die vernaamste wedstryde: Paarl-Gim 25, Paul Roos 21: In ‘n kragmeting waarin sake hoofsaaklik voorlangs uitgespook is, het Paarl-Gim moontlik die beste daarvan afgekom. Paul Roos se agterlyn het gevaarliker gelyk, maar die besoekers se aanvalskanse was beperk. Die Gimmies was ná ‘n wipplank stryd met rustyd 18-14 voor. Loggenberg (flank) en Aylward (vleuel) het drieë vir die tuisspan gedruk en Koen (losskakel) was met een doelskop en twee strafskoppe in die kol. Joyce (senter) het ‘n opportunistiese drie vir Paul Roos gedruk terwyl Hugo (senter) met drie strafskoppe raak gekorrel het. Vroeg in die tweede helfte het die Gimmies hul voorsprong gerek toe Pretorius (stut) uit ‘n puik dryfbeweging gaan druk het. Enkele minute later het Coetzee (flank) die tuisspan se doellyn oorgesteek. Koen en Hugo het die onderskeie drieë gedoel. 

 

1992

Paarl Gimnasium 13 (3) – Drie: Surmon. Doelskop: Louis Koen. Strafdoele: Koen (2). Paul Roos Gimnasium 10 (0) – Driee: Basson, Hoffman. 

1991

Paul Roos Gimnasium 20 (9) – Driee: Justin Swart, Tredoux, Thiart. Doelskop: Basson. Strafdoele: Swart, Basson. Paarl Gimnasium 12 (12) – Drie: Du Plessis. Doelskop: Smit. Strafdoele: Smit (2). 

1990

 

Paarl Gim 12, Paul Roos 31: Paul Roos se taktiek van hoë skoppe en die uitbuit van foute deur die tuisspan het goed vrugte afgewerp en grootliks bygedra tot die Stellenbossers se oortuigende oorwinning. Puik spel deur Paul Roos se losvoorspelers en die besoekers se oorheersing van die lynstane het verder daartoe bygedra dat Paul Roos met gemak gewen het. Nadat Bruwer (losskakel) ‘n skepdoel vir die Gimmies behaal het, het Paul Roos ‘n voorspring van 13-3 opgebou met drieë deur Van Reenen (slot) en Van Wyk (haker), terwyl Hugo (slot) ‘n doelskop en ‘n strafdoel behaal het. Kort voor rustyd het twee strafdoele deur Du Plessis (heelagter) die Paarliete se agterstand laat krimp. Paul Roos het al meer die toon aangegee in die tweede helfte. Nadat Muller (flank) ‘n drie uit ‘n oorstootskrum behaal het, het hoë skoppe gelei tot drieë deur Theart (senter) en Krige (skrumskakel). Hugo was met al drie doelskoppe suksesvol. Du Plessis het ‘n vierde strafdoel vir die tuisspan bygevoeg: 31-12.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.