SuperSport Schools News

Rhinos maak dit twee uit twee, Kempies tem die Rooi Bulle

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-05-03 Tags: , , , , ,

Vian Louw, agtsteman van Hoërskool Nelspruit se Rhinos was een van dié span se grootste uitblinkers in sy sege van 31-20 oor Transvalia, Vrydag, in Mbombela. Foto: HH Photography and Design.

Die Rhinos van Hoërskool Nelspruit het sy 2026-veldtog in die Virseker Noordvaal Cup se Plaat-afdeling met ‘n knal afgeskop.

Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

Die span van Mbombela het Saterdag sy tweede sege in soveel weke behaal nadat hy vir Hoërskool Transvalia met 31-20 op Rhinopark in Mbombela afgestof het.

‘n Week vantevore was hy met 39-27 baas oor Hoërskool Oos-Moot van Pretoria.

Dit was van meet af duidelik wie in dié stryd in beheer was. Die Nellies het ‘n goeie eerste 35 minute beleef en teen die omdraaislag reeds met 19-0 voorgeloop.

Ná rustyd was dit ook hy wat eerste punte aangeteken het om ’n gesonde voorsprong van 26-0 te geniet.

Agtsteman, Vian Louw, was uitstaande. Louw het met bal in hand het ‘n hele paar aanskoulike lopies ingekry en met sy vernuf  op die aanval vir Valia deurgaans hoofbrekens besorg. Dit was ook ná een van sy dartellopies wat die heelagter, Rhandzu Mkhabela, vir die Nellies se laaste vyf punte oorgedraf het.

Die losskakel, Ewan van der Merwe, het sy agterlyn seepglad weggestuur. Daarom was Mkhabela ook een van die tuisspan se grootste uitblinkers op die dag. Met oorvloed balbesit op die voorvoet het hy die besoekers se verdediging laat bontstaan.

Valia het egter sy ritme begin vind in die tweede helfte. Al 20 die besoekers se punte is in die 35 minute aangeteken. Sy agtsteman, Matthew van Niekerk, was op sy beurt ook ’n doring in Nelspruit se vlees. Van Niekerk was onophoudelik ‘n gevaar op die aanval en is self uiteindelik met die besoekers se laaste drie beloon.

Hoërskool Kempton Park se giftige buitesenter, Guillaume Botha, het twee keer agter die Rooi Bulle van HTS Middelburg se doellyn gaan kuier. Botha het die hoofbydrae in die Kempies se sege van 27-12 oor die Rooi Bulle gemaak.

Die Kempies het kort voor rustyd drie vinnige drieë gaan druk wat vir hom ’n voorsprong van 19-5 teen die omdraaislag gegee het. Die besoekers kon nie hiervan herstel nie en was slegs met rukke en stote gevaarlik. Ruan Janse van Vuuren het sewe van die besoekers se punte aangeteken nadat hy gedruk en sy eie drie laat in die kragmeting verdoel het.

Kempies se Heinrich Burger het sy sê met die skopskoen gehad. Burger het drie strafdoele oorgeklits terwyl Aubrey Hoskins die vierde oor deur die pale gejaag het om die uitklophou toe te dien.

Puntemakers:

Hoërskool Nelspruit 31 (19) – Drieë: Aldo van Jaarsveld, Christiaan de Klerk, Vian Louw, Kamo Monkwe, Rhandzu Mkhabela. Conversions: Ewan van der Merwe (3). Transvalia 20 (0) – Drieë: Nhlosenhle MacCamel, Jeanré Barnard, Dave Mthizi, Matthew van Niekerk.

Hoërskool Kempton Park 27 (19) – Drieë: Guillame Botha (2), Ettienne Stroebel. Strafdoele: Heinrich Burger (3), Aubrey Hoskins. HTS Middelburg 12 (5) – Drieë: Andrea de Wet, Ruan Janse van Vuuren. Doelskop: Janse van Vuuren.

Ander spanne:

o.16: Kempton Park 20, HTS Middelburg 10; Transvalia 20, Nelspruit 17.

o.15: Nelspruit 45, Transvalia 0; Kempton Park 35, HTS Middelburg 26.

o.14: Kempton Park 10, HTS Middelburg 8; Transvalia 23, Nelspruit 21.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.