SuperSport Schools News

Voorskou – Paarl Gimnasium vs. Affies – 2016

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-03-24

NewsG AffiesDit sal nou wel Saterdag die eerste amptelike interskole tussen Paarl Gimnasium en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria wees, maar die twee skole se eerste spanne weet presies wat om van mekaar te verwag.

Die wedstryd is die eerste van vanjaar se Premier Interschools en word van 12:00 af regstreeks op SuperSport gebeeldsend.

Dié twee skole se eerste spanne het mekaar sedert 2005 al nege keer die stryd aangesê. Hulle was slegs nie in 2010, 2013 en 2016 slaags nie. Dit is jammer dat die twee eerste spanne mekaar nie destyds in 2013 ontmoet het nie. Albei spanne het daardie seisoen onoorwonne afgesluit en ‘n wedstryd tussen die twee spanne sou destyds bepaal het wie sonder twyfel die voorste skolespan vir 2013 in Suid-Afrika was.

Affies het verlede week ‘n belangrike sege van 31-19 oor Helpmekaar-kollege in Johannesburg behaal. Die span van die Jakarandastad het reeds vanjaar in Kimberley ook met Diamantveld (45-10) klaargespeel.

Paarl Gimnasium het sy seisoen verlede week teen Stellenberg afgeskop. Gimmies het in die wedstryd toevallig ook met 31-19 koning gekraai. Die span se agtsteman, Henco Martins, het ‘n driekuns aan drieë behaal.

Martins se tweestryd met sy direkte teenstander, Philip Potgieter, behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees. Potgieter sal ook goeie ondersteuning in die stryd van die flank Jaco Labuschagné, kry. Labuschagné was verlede jaar Affies asook die Blou Bulle se Cravenweek-span se agtsteman. Hy het verlede Saterdag se wedstryd teen Helpmekaar weens die SA Skole-oefenkamp in Wellington misgeloop. 

Gimmies en Affies het mekaar laas in 2015 tydens die Wildeklawer-toernooi ontmoet toe hulle die louere met 22-elk moes deel. Die twee spanne het mekaar nog net 16 keer sedert hul eerste ontmoeting in 1967 die stryd aangesê.

Die span van Paarl was in agt van die wedstryde aan die wenkant, terwyl Affies ses keer as die oorwinnaars van die veld gestap het. Die twee spanne moes al twee keer die louere deel.

Affies spog wel met die grootste sege nog tussen die twee spanne toe hy tydens die Widleklawer-toernooi van 2009 in Kimberley vir Gimmies met 59-6 gekarnuffel het.

Paarl Gim se grootste sege oor Affies het hy in 1973 behaal toe hy die span van Pretoria met 38-3 kaf gedraf het. Gimmies het die oorhand in die eerste drie wedstryde tussen die twee spanne gehad. Hulle het in 1967 (11-0) en 1972 (19-0) ook nie veel probleme ondervind om die Wit Bulle te stuit nie.

Die spanne is:

Paarl Gimnasium: 15 Muller du Plessis, 14 Stravino Jacobs, 13 Dawid Kellerman, 12 Ruben Scholtz, 11 Hanco Hanekom, 10 Daniël Beukes, 9 Hanro Geldenhuys, 8 Henco Martins, 7 Dean Nieuwoudt, 6 Corné Uys, 5 Ryno Beukes, 4 Adriaan Ludick, 3 Adriaan Staples, 2 Chris Rossouw, 1 Daniël Wessels. Plaasvervangers: 16 Hugo Pienaar, 17 Francois Staples, 18 Dedricj Glas, 19 Dré Engelbrecht, 20 AJ Wedgewood, 21 Jean Janse van Rensburg, 22 Janke du Toit, 23 Curt Mackier.

Affies: 15 Regardt Roets, 14 Ruan Wasserman, 13 Marnus Potgieter, 12 Zach Briel, 11 Ruben Meiring, 10 Charles Goedhals, 9 Johan Mulder, 8 Philip Potgieter, 7 Jaco Labuschagné, 6 Divhan du Preez, 5 Carl Els, 4 Michael de Waal, 3 James Combrink, 2 Janco Uys, 1 Wihan Bezuidenhout. Plaasvervangers: 16 Marius Potgieter, 17 Dewald Donald, 18 Sarel Joubert, 19 Michael Harding, 20 Reinhardt Ras, 21 Steyn van der Spuy, 22 Jeandré du Pisanie, 23 Jason Scheepers.

Vorige Kragmetings: 

JaarPaarl Gimnasium vs. AffiesWaar/Toernooi
2015Affies22Paarl Gimnasium22Wildeklawer
2014Paarl Gimnasium40Affies7Wildeklawer
2012Affies27Paarl Gimnasium20Wildeklawer
2011Affies59Paarl Gimnasium6Wildeklawer
2009Paarl Gimnasium22Affies16Wildeklawer
2008Paarl Gimnasium21Affies3 
2007Affies13Paarl Gimnasium8St. Stithian’s College
2006Affies17Paarl Gimnasium17 
2005Paarl Gimnasium38Affies18 
2002Affies24Paarl Gimnasium20 
1999Affies19Paarl Gimnasium11 
1979Paarl Gimnasium23Affies3 
1976Affies10Paarl Gimnasium3 
1973Paarl Gimnasium38Affies3 
1972Paarl Gimnasium19Affies0 
1967Paarl Gimnasium11Affies0 
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.