Uppies en Velties gee die toon in DStv Schools Challenge
Die gunstelinge om met die kroon van die Noord-Kaapse been van die DStv School Challenge weg te stap het almal tot in die kwarteindronde van die toernooi in Upington gestorm.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Die gasheer, Duineveld, het bo-aan Groep B geëindig deur Hopetown (36-31) en Veritas (83-13) te verslaan. Floors vanuit Kimberley het nie opgedaag vir sy kragmeting met die Velties nie.
Die Velties, wat ook die verdedigende kampioen is, sal in die kwarteindronde teen Hoërskool Douglas te staan kom.
Hoërskool Upington het in Groep A vir Douglas (45-22) en Nababeep (73-4) uit die pad gevee om ‘n afspraak met Curro Kathu in die kwarteindronde op te stel.
Noord-Kaap van Kimberley sal teen Kalahari van Kuruman in nog ‘n kwarteindstryd sake uitspook. Northerns het bo-aan Groep D geëindig deur Friersdale (49-9) en Curro Kathu (40-24) uit te stof.
Kalahari was die naaswenners van Groep C na hy die gunsteling om die Ubuntu-been te wen, Saul Damon, met 40-9 verslaan het.
Diamantveld was die wenner van Groep C na seges oor Saul Damon (55-8) en Kalahari (40-23). Diamonds sal in sy kwarteindstryd teen Hopetown te staan kom.
Vier spanne sal kwalifiseer om vir die nasionale eindronde van DStv Schools Challenge te kwalifiseer. Twee vir die Batho-been en twee vir die Ubuntu-been.
Die nasionale eindronde van die DStv Schools Challenge vind van 25 tot 27 Julie op die bane van die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg plaas.
Al die uitslae:
Groep A: Hoërskool Upington 45, Douglas 22; Hoërskool Upington 73, Nababeep 4; Douglas 57, Nababeep 9.
Groep B: Hopetown 43, Veritas 19; Veritas 50, Floors 6; Duineveld 36, Hopetown 31; Hopetown 60, Floors 12; Duineveld 83, Veritas 13.
Groep C: Diamantveld 55, Saul Damon 8; Diamantveld 40, Kalahari 23; Kalahari 40, Saul Damon 9.
Groep D: Noord-Kaap 49, Friersdale 9; Noord-Kaap 40, Curro Kathu 24; Curro Kathu 37, Friersdale 19.
Bepalings | Saterdag, 31 Mei 2025
Baan A
08:00 – Hoërskool Upington vs Curro Kathu (E); 08:50 – Duineveld vs Douglas (G); 09:40 – Nababeep vs Friersdale (E); 10:30 – Wenner E vs Wenner F (I) Batho; 11:20 – Wenner E vs Wenner F (Ubuntu); 12:10 – Wenner I vs Wenner J Batho.
Baan B
08:00 – Noord-Kaap vs Kalahari (F); 08:50 – Diamantveld vs Hopetown (H); 09:40 – Veritas vs Saul Damon (F); 10:30 – Wenner G vs Wenner H (J) Batho; 11:20 – Verloorder E vs Verloorder F (Ubuntu); 12:10 – Verloorder I vs Verloorder J Batho.
- Southern teams impress as FNB u18 Craven Week heats up - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Craven Week 2025 – Day 4 - 2025-07-10
- Free State soars as Mgedezi and Adams star in Craven Week thriller - 2025-07-10