SuperSport Schools News

Affies dra weer die kroon as kampioen van die Jubilee-liga

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Netball | Featured Netball | News , at 2026-06-04 Tags: , , , , , , , ,

MILLA JANSE VAN RENSBURG, hulpverdediger en kaptein van Affies se eerste netbalspan in aksie vroeër vanjaar in die Suzuki Power Netball Series. FOTO: Hannes Nienaber

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria (AHMP) is weer die kampioen van Tshwane se Jubilee-liga. Die span wat deur die voormalige Protea-speler, Yolande Ferreira, gebrei word het daarin geslaag om dié liga onoorwonne af te sluit.

Die span wat deur die hulpverdediger, Milla Janse van Rensburg, aangevoer word, het ook daarmee regstreeks tot die Gauteng-kampioenskap van die DStv Schools Challenge gekwalifiseer. Die voorste drie spanne in die Jubilee-liga dring regstreeks tot die Gauteng-kampioenskap deur.

Daar is wel gedurende die komende naweek by Montana, tydens die Tshwane-uitspele, nog drie plekke vir die provinsiale kampioenskap om voor te speel. Die Hoërskool Waterkloof en Oos-Moot is die twee ander spanne wat vanjaar regstreeks deurgedring het.

Affies het in sy laaste ligawedstryd met ‘n sege van 35-29 oor die Klofies seker gemaak dat hy vanjaar die onbetwiste kampioen is. AHMP het in sy ander ligawedstryde vir Garsfontein (33-30), Menlopark (35-27), Zwartkop (50-15), Oos-Moot (37-22), Eldoraigne (35-22) en Montana (53-19) afgestof.

Die span se senter Leruske Rademeyer het ook deurgans puik spel vir die kampioen opgedis.

Waterkloof het slegs in een ander kragmeting die onderspit gedelf toe hy tydens die eerste wedstryddag van die toernooi in ‘n Suzuki Power Netball Series-kragmeting teen Oos-Moot met 30-31 vasgeval het.

Oos-Moot het ook slegs twee keer die onderspit gedelf. Die span wat deur Shanté Visser afgerig word het teen Affies en Menlopark (27-28) verloor. Die span het ook wel in die laaste ronde wedstryde met 31-elk gelykop teen Montana gespeel.

Vir Garsfontein was dit ‘n geval van so naby maar tog sover. Die Garsies het teen Affies vir die grootste deel van die wedstryd voorgeloop om op die ou einde met 30-33 die onderspit te delf. Die kragmeting was ook deel van die Suzuki Power Netball Series.

Die span se verdediging was deurgans tops en hy het slegs 152 doele in sy sewe wedstryde afgestaan. Dit is die minste deur enige span in die reeks. So sy verdedigende driehoek van Maré Zani (verdedigende vleuel), Tamzin-Lee Deysel (hulpverdediger) en Isabella le Roux (verdediger) verdien meer as ‘n klop op die skouer.

Al die uitslae (datums is wanneer wedstryde oorspronklik geskeduleer was): 

15 April 2026 

Oos-Moot 31, Waterkloof 30
Garsfontein 35, Montana 20

17 April 2026 

Affies 33, Garsfontein 30

22 April 2026 

Waterkloof 37, Montana 32

29 April 2026 

Menlopark 42, Zwartkop 29

6 Mei 2026 

Affies 50, Zwartkop 15
Oos-Moot 30, Eldoraigne 20

8 Mei 2026 

Affies 35, Eldoraigne 22
Menlopark 40, Montana 32

9 Mei 2026 

Waterkloof 22, Garsfontein 21

13 Mei 2026 

Oos-Moot 23, Garsfontein 21
Menlopark 40, Eldoraigne 18
Affies 53, Montana 19
Waterkloof 26, Zwartkop 15

16 Mei 2026 

Waterkloof 36, Menlopark 35
Eldoraigne 29, Zwartkop 19

20 Mei 2026 

Affies 35, Menlopark 27
Garsfontein 34, Eldoraigne 16
Montana 35, Zwartkop 21

22 Mei 2026 

Waterkloof 31, Eldoraigne 23
Oos-Moot 36, Zwartkop 18

23 Mei 2026 

Menlopark 29, Garsfontein 27

25 Mei 2026 

Affies 37, Oos-Moot 22
Eldoraigne 29, Montana 26

27 Mei 2026 

Menlopark 28, Oos-Moot 27
Garsfontein 34, Zwartkop 11
Affies 35, Waterkloof 29

30 Mei 2026 

Oos-Moot 31, Montana 31

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.