Uppies, Diamonds en Velties die gunstelinge om Noord-Kaapse kroon te dra
Daar bestaan ‘n groot moontlikheid dat slegs een van die twee Noord-Kaapse Batho-verteenwoordigers by verlede jaar se DStv Schools Challenge, Duineveld en Diamantveld, vanjaar weer die provinsie op die nasionale toernooi sal verteenwoordig.
Indien albei die skole se eerstespanne bo-aan hul onderskeie poele eindig en hul onderskeie kwarteindstryde wen, sal die twee sake in die een halfeindstryd vir ‘n plek in die provinsiale eindstryd uitspook.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Die Noord-Kaap been van die DStv Schools Challenge vind van Vrydag af op die bane van die Hoërskool Duineveld in Upington plaas.
Die Velties was verlede jaar die kampioen. Hulle is saam met Hopetown, Floors en Veritas in Poel A geloot.
Hoërskool Upington kan vanjaar met ‘n rits goeie vertonings vir homself ‘n plek in die nasionale toernooi wat van 25 tot 27 Julie bespreek. Die nasionale toernooi word op die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg se bane beslis.
Die Uppies het vir Daniëlskuil (40-3) en Duineveld (30-29) in hul ZF Mgcawu-wedstryde geklop. Hulle het ook vroeër vanjaar vir Diamantveld met 25-16 die loef afgesteek.
Diamantveld is saam met die Hoërskool Kalahari van Kuruman en Saul Damon in Poel C geloot. Saul Damon was verlede jaar een van die Noord-Kaap se verteenwoordigers in die Ubuntu-been van die DStv Schools Challenge.
Die Poele:
Poel A: Hoërskool Upington, Douglas, Nababeep.
Poel B: Duineveld, Hopetown, Floors, Veritas.
Poel C: Kalahari, Diamantveld, Saul Damon.
Poel D: Curro Kathu, Noord-Kaap, Friersdale.
Die bepalings:
Vrydag, 30 Mei 2025
Baan A
11:30 – Hoërskool Upington vs Douglas; 12:20 – Diamantveld vs Saul Damon; 13:10 – Hoërskool Upington vs Nababeep; 14:00 – Floors vs Veritas; 14:50 – Curro Kathu vs Noord-Kaap; 15:40 – Kalahari vs Diamantveld; 16:30 – Hopetown vs Floors; 17:20 – Kalahari vs Saul Damon.
Baan B
11:30 – Duineveld vs Floors; 12:20 – Hopetown vs Veritas; 13:10 – Noord-Kaap vs Friersdale; 14:00 – Duineveld vs Hopetown; 15:40 – Douglas vs Nababeep; 16:30 – Duineveld vs Veritas; 17:20 – Curro Kathu vs Friersdale.
Saterdag, 31 Mei 2025
Baan A
08:00 – A1 vs D2 (E) Batho; 08:50 – B1 vs A2 (G) Batho; 09:40 – A1 vs D1 (E) Ubuntu; 10:30 – Wenner E vs Wenner F (I) Batho; 11:20 – Wenner E vs Wenner F (Ubuntu); 12:10 – Wenner I vs Wenner J Batho.
Baan B
08:00 – D1 vs C2 (F) Batho; 08:50 – C1 vs B2 (H) Batho; 09:40 – B1 vs C1 (F) Ubuntu; 10:30 – Wenner G vs Wenner H (J) Batho; 11:20 – Verloorder E vs Verloorder F (Ubuntu); 12:10 – Verloorder I vs Verloorder J Batho.
Die spanne is:
Hoërskool Upington: Lané Esterhuizen, Anria Oberholzer, Susanna Kotze, Jenique Matthys, Liebe Karsten, Tarien Karsten, Raquel Raman, Alida Louw, Cara Fourie.
Duineveld: Stephanie Kruger, Abriëlle de Witt, Janike Coffee, Marné Compion, Carla Kuhn, Yolanda de Kock, Mathilda Terblanche, Zandri Brink, Ina Adrianatos, Megan Lombard.
Diamantveld: Anastasia de Bruin, Brithe Honiball, Hester Jansen, Izeldi Jacobs, Johandri de Wet, Klarissa Taljaard, Lené de Jongh, Micke Muller, Mienke van Niekerk, Zandri Starke.
Douglas: Caretha Nel, Chanté Brummer, Naomi Julies, Mariné van Bergen, Chané Steenkamp, Janeske Ferreira, Izé Hanekom, Ermine Erasmus, Carli Eveleigh, Anlia Nel.
Hopetown: Renchia Jooste, Joané Botha, Anrilé Victor, Simoné Schlebusch, Joe-Mary Kakora, Loudine Fourie, Jani Prins, Alri Wiese, Ezané Baartman.
Kalahari: Keira Blom, Monthati Louw, Jennifer Brember, Anika Thomatos, Shama-Elle Langeveldt, Limari Fleming, Clariesa Venter, Leungo Goto, Danel Lubbe, Nicole Kriek.
Curro Kathu: Karlie Joubert, Lily-Rose Lewis, Palesa Rooibaadjie, Esme Rautenbach, Erin Jansen, Kelly-Joe Willemse, Nicine Visagie, Realeboga Mongwaketse, Santiné van der Merwe.
Saul Damon: Amorencia Mapanka, Shanodine Bok, Geraldine Cloete, Chanté Delie, Denevia van Wyk, Jaida Myles, Cayden Lombaard, Michandré Willemse, Jomaré van Rooi, Tamia van Wyk.
- Southern teams impress as FNB u18 Craven Week heats up - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Craven Week 2025 – Day 4 - 2025-07-10
- Free State soars as Mgedezi and Adams star in Craven Week thriller - 2025-07-10