Pumas kies voorlopige spanne vir weke
Die Pumas sal vanjaar ‘n onervare span na die 53ste Cravenweek vir hoërskole in Durban stuur. Slegs drie spelers wat die unie verlede jaar in Stellenbosch op die toernooi verteenwoordig het sal vanjaar weer vir die span in aksie is.
Daar moet wel bygevoeg word dat twee van die drie spelers die Suid-Afrikaanse Skole-span behoort te haal. Die vaskopstut, Dewald Maritz, het verlede jaar reeds die nasionale skolespan verteenwoordig, terwyl die flank JC Pretorius nie sy gelyke as ‘n oopkantflank in die land op skolevlak het nie. Die enigste ander oorblywende lid van 2015 se span is Standerton se Hloni Mputi.
Die Pumas het ook nie ‘n maklike taak wat op hom in sy eerste wedstryd in vanjaar se toernooi wag nie. Hy kom op die eerste dag teen die Griffons te staan. Die Cravenweek vind vanjaar van 11 tot 16 Julie op Kearsney College se velde plaas. Dit feit dat die Pumas laas in 2013 in Polokwane aan die wenkant in ‘n wedstryd op die Cravenweek was sal nog meer druk op die span plaas.
Die Pumas word vanjaar deur Cobus van Dyk (Ermelo) en Coene Nolte (HTS Middelburg) gebrei. Die spanbestuurder is Pieter de Waal (Piet Retief). Nolte het self op sy dag die Pumas op die Cravenweek verteenwoordig. Hy het in 2002 as ‘n leerling van die HTS Middelburg die unie op die toernooi in Pietermaritzburg as ‘n vleuel verteenwoordig.
Die Hoërskool Nelspruit het met nege spelers die meeste verteenwoordigers in vanjaar se span. HTS Middelburg wat later vanjaar teen Nelspruit se Rhinos in die eindstryd van die Pumas se Makroskole-liga te staan sal kom het vier spelers in die span.
Die spanne is:
Cravenweek o.18: Ryan Cloete (HTS Middelburg), 14 Prince Nkabinde (Hoogenhout), 13 Marnus Kruger (Nelspruit), 12 Riaz Adebayo (Nelspruit), 11 Percy Mkwanazi (Piet Retief), 10 Stephan van der Bank (Nelspruit), 9 Jaco Joubert (Nelspruit), 8 Junior Schmidt (Nelspruit), 7 Wandile Shabangu (Middelburg), 6 JC Pretorius (HTS Middelburg), 5 KP de Jager (Nelspruit), 4 Vusi Mkhanza (Ermelo), 3 Dewald Maritz (Nelspruit), 2 Ruben Cross (HTS Middelburg), 1 Morgan Naudé (Nelspruit). Plaasvervangers: 16 SP Muller (Nelspruit), 17 Nkosinathi Mthethwa (Piet Retief), 18 Hloni Mputi (Standerton), 19 Sibusiso Madonsela (Piet Retief), 20 Brandon Magadulela (Volksrust), 21 Thabiso Mkhwebane (Ligbron), 22 Boet Heyl (HTS Middelburg), 23 Julian Claassen (Generaal Hertzog).
Pumas – Akademieweek: 15 Francois Esselen (Nelspruit), 14 Ronnie Banda (HTS Witbank), 13 Marnus Scheepers (Ligbron), 12 Andiswa Mndawe (Middelburg), 11 Bongumenzi Dlamini (Piet Retief), 10 Riekert Barnard (HTS Middelburg), 9 Joao Cristovam (Nelspruit), 8 Tristan Louw (Bergvlam), 7 Renier Troskie (Nelspruit), 6 Tsakane Mothlholoe (Piet Retief), 5 Janco Steenkamp (Nelspruit), 4 Bandile Zuma (Volskrust), 3 Donel Griffiths (Volksrust), 2 Qiniso Habile (Ermelo), 1 Hamilton Mnisi (Ligbron). Plaasvervangers: 16 Harry Hearn (Nelspruit), 17 Wiam Barnard (Nelspruit), 18 Blessing Motsepi (Generaal Hertzog), 19 Xolani Mavundla (Piet Retief), 20 Lindelani Makhanya (Piet Retief), 21 Christiaan Glaeser (HTS Witbank), 22 Aluwande Shangweni (Volksrust), 23 Japie Kleynhans (HTS Middelburg).
Puma-platteland – Akademieweek: 15 John Robert Smith (Sabie), 14 Letha Malalela (Steelcrest), 13 Ruan Joubert (Kanonkop), 12 Hadrick Coertze (Penryn College), 11 Peter Kasongo (Kanonkop), 10 Ricky du Toit (Morgenzon Landbou), 9 Michael Pretorius (Kanonkop), 8 Jared Adams (Uplands College), 7 Lunga Ngcobo (Evander), 6 Conrad v/d Schyff (Morgenzon Landbou), 5 Mias Visagie (Barberton), 4 Ngwako Thakatso (Steelcrest), 3 Zethembe Madonsela (Penryn College), 2 Bongi Langa (Lowveld High), 1 Daclan Zitha (Barberton). Plaasvervangers: 16 Samkelo Lubede (Uplands College), 17 Tshegofatso Mamemela (Steelcrest), 18 Sihle Mkhawane (Barberton), 19 Letso Tselane (Lowveld High), 20 Matheus Oberholzer (Barberton), 21 Dylan-Dean Delport (Morgenzon Landbou), 22 Siyabonga Skosana (Steelcrest), 23 Jacques Herselman (Morgenzon Landbou).
Pumas o.19A (Pukke-week): 15 Ernest Mthethwa (Penryn College), 14 Thys Potgieter (Middelburg), 13 Ryan Phiri (Middelburg), 12 Telvin Mhlongo (Middelburg), 11 Mpumelelo Matteus (Middelburg), 10 Craig Bouwer (Nelspruit), 9 Steyn van den Heever (Secunda), 8 Ruan Smit (Ermelo), 7 Calvin Clack (Ligbron), 6 Simon Cloete (HTS Witbank), 5 Marius Slabbert (Nelspruit), 4 Zandré Volschenk (Lydenburg), 3 Herman Schlebusch (Piet Retief), 2 Barrie du Plessis (Ligbron), 1 Steven Pieterse (Middelburg). Plaasvervangers: 16 Hanro Cronjé (HTS Witbank), 17 Leon Etsebeth (HTS Witbank), 18 Hennis Hattingh (Volksrust), 19 Michail von Wieling (HTS Witbank), 20 Marnus Meyer (Lydenburg), 21 Shane Botha (Middelburg), 22 Brady Theron (Lydenburg), 23 Henco Louw (Ermelo).
Pumas o.19B (Pukke-week): 15 Tristan Badenhorst (Lydenburg), 14 Waldo Conradie (HTS Middelburg), 13 Zander Joubert (HTS Middelburg), 12 Du Preez van der Mewe (HTS Witbank), 11 Gert Cronjé (Ligbron), 10 Ruan Vorster (HTS Witbank), 9 Bernard de Wet (HTS Middelburg), 8 Janco Lourens (Rob Ferreira), 7 Louis du Preez (HTS Middelburg), 6 Donovan Barnard (Rob Ferreira), 5 Raymond Scherman (Bergvlam), 4 Hein van Zyl (Lydenburg), 3 Tiaan Espach (HTS Middelburg), 2 Duart Willemse (HTS Middelburg), 1 Ruben Botes (HTS Witbank). Plaasvervangers: 16 Jacques Peens (HTS Witbank), 17 Fred Lundy (Rob Ferreira), 18 Armando Lubbe (HTS Middelburg), 19 Heinrich Cronjé (HTS Middelburg), 20 Tato Macheto (Penryn College), 21 Eric Louw (Secunda), 22 Barend Ditle (Middelburg).
- Bishops bags crucial victory over Boishaai in Schools SA20 - 2025-01-24
- Nini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16