SuperSport Schools Plus

NWU Sportreeks: Agt grotes pak mekaar

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-04-05 Tags:

 

 

Nóg ‘n naweek van opwindende netbal-aksie lê voor in hierdie naweek se NWU Skolesportreeks.

Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Transvalia kom eerste aan die beurt om 10:10 by Klofies, met Hoërskool Oos-Moot wat in ‘n stryd van vaardigheid en strategie met Hoërskool Middelburg gewikkel sal raak, ook om 10:10.

Om 10:40 pak HTS Middelburg en Hoërskool EG Jansen mekaar in Middelburg, terwyl die naweek se aksie tot ‘n einde kom met ‘n kragmeting tussen Hoërskole Nelspruit en Eldoraigne, om 13:20 in Nelspruit.

Indien jy nie self daar kan wees om al die aksie te beleef nie, skakel gerus in op Supersport Schools (DStv-kanaal 216) om regstreeks na al die wedstryde te kyk.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.