Marais Viljoen kry tweede hap van koek teen Pieties, stryd in die agterhoede wag in Ermelo


Hoërskool Marais Viljoen sal ná slegs ‘n week weer ‘n tweede hap van die kersiekoek kry wanneer hy sy Virseker Noordvaal Cup Skild-veldtog teen Hoërskool Pietersburg Saterdagmiddag om 13:10 in die hoofstad van Limpopo afskop.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Pieties het verlede Vrydag vir Marais Viljoen met 45-15 in Potchefstroom die loef afgesteek om ‘n vyfde plek in die NWU se Prestige-reeks los te slaan. Juan Randall, die tuisspan se losskakel, is in dié wedstryd as Speler van die Wedstryd aangewys.
Randall en sy skakelvennoot, skrumskakel Curtis Cloete, is sedert die Fairtree Sportfees vroeër die jaar kookwater. Cloete se goeie diens aan Randall en dié se besluitneming sal Saterdag weer een van die groot besprekingspunte in Marais Viljoen se kamp wees.
Die span van Alberton het juis ‘n verandering op losskakel aangebring. Ovayo Jonas sal vir Jared Mentz in die agterhoede vervang. Voorlangs het breier Corneel van Dyk die dienste van George Mazhindu opgeroep om die beseerde Ukona Mahlehlo op slot te vervang.
Die stryd tussen die Buffels van Hoërskool Ben Vorster en Ligbron Akademie om 12:20 in Ermelo sal ongetwyfeld sorg vir ‘n aanskoulike stryd tussen dié twee spanne se agterhoedes. Die Liggies is sover die enigste span met punte op die Skild se puntelys nadat hy verlede week juis met behulp van sý gevaarlike agterlyn vir die Eldos se Drake laat les opsê het (31-14).
Dié twee spanne het ook die geleentheid gehad om mekaar by die Fairtree Sportfees dop te hou. Die Buffels was uitstaande by die fees en het in albei sy kragmetings 50 punte of meer op die bord gesit.
Tumi Ramohlale, die Buffels se linkervleuel, en die Liggies se linkervleuel, Neo Zwane, se tweestryd kan vir hope vuurwerk sorg. Albei se vermoë om spasie en ook iets uit niks te maak, is van hoogstaande gehalte en kan bydra tot die moontlike skouspel in Ermelo.
In Centurion sal die Drake van Hoërskool Eldoraigne na die wenpad wil terugkeer. Die Drake skop sy stryd met Hoërskool Secunda om 13:00 op sy tuisveld af. Die besoeker word deur sy gesoute vaskopstut, Nathan Erasmus, aangevoer.
Erasmus en sy pak sal van meet af vir die Eldos se slot, MC Scheepers, en sy eweknieë wil wys wie baas is, aangesien sterk voorspeler-spel oor die laaste paar jaar Secunda se brood en botter was.
Die Jack Botes Stadion, die tuiste van Hoërskool Piet Retief, verwelkom die naaswenners van die NWU se Prestige-reeks, Heidelberg Volkskool. Die Volkies het verlede naweeek met 47-28 in die eindstryd van dié reeks teen die gedugte Hoërskool Zwartkop vasgeval. Nietemin bly hy een van die groot gunstelinge om vanjaar se Skild titel in te palm.
Sy breier, Louwtjie Dalhouzie, het slegs een verandering aan die span aangebring. Albie Botha het las van ‘n besering, opgedoen teen die Zwarries. Botha sal deur Ashley Cawood op slot vervang word.
Die spanne is:
Hoërskool Pietersburg t. Marais Viljoen om 13:10 in Polokwane:
Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Juan Dreyer, 12 Hanru Marais, 11 Basson Wolmarans, 10 Juan Randall, 9 Curtis Cloete, 8 Liam van der Bank, 7 Ignus Ferreira, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Janse van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Dewan Windell.
Marais Viljoen: 15 Kabelo Tlhoaele, 14 Eldrique Adams, 13 Blake Worthington, 12 Danté Crous, 11 Nqoba Mathe, 10 Ovayo Jonas, 9 Peter Chihobo, 8 Joshua O’Brein, 7 Thato Mapuru, 6 Tshepo Tsholo, 5 George Mazhindu, 4 Dean Scheepers, 3 Markus Jacobs, 2 Frikkie Horn, 1 Caden Sheasby.
Ligbron Akademie t. Ben Vorster om 12:20 in Ermelo:
Ligbron: 15 Gaston Brown, 14 Katlego Sibiloane, 13 Ndumiso Dlamini, 12 Banele Mthombo, 11 Neo Zwane, 10 Carlo van Staden, 9 Slade Cooper, 8 Henco Scheepers, 7 Wiaan du Preez, 6 Johardt Swanepoel, 5 Riley Muir, 4 RW Beyleveld, 3 Werner Nortjé, 2 Franco Groenewald, 1 Regard Janse van Rensburg.
Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Ronnel Komana, 13 Zane Trollip, 12 Edwin Matola, 11 Tumi Ramohlale, 10 Lolos Letlabola, 9 Josua van Eeden, 8 Joshua van der Mescht, 7 Ryan Gerhardt, 6 Kobus de Beer, 5 Wilhelm Brummer, 4 Dejuan du Plessis, 3 JJ Crewe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Eldoraigne t. Hoërskool Secunda om 13:00 in Centurion:
Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Hugo Theron, 13 Niclas Möller, 12 Michael van der Berg, 11 Aiden van Rooyen, 10 Eben Degenaar, 9 Jean du Randt, 8 Chaden Dartnall, 7 Ethan Beyer, 6 Cecil Rich, 5 MC Scheepers, 4 Xander Koopmans, 3 Wian Audier, 2 Jean de Villiers, 1 Luan du Preez.
Secunda: 15 Liam Olivier, 14 Emilama Nose, 13 Andries Nel, 12 Herco Radley, 11 Jayden Scholtz, 10 Tristan Crouch, 9 Kwezi Mafanya, 8 JC Olivier, 7 Joshua Jansen, 6 Bernich Schmidt, 5 Adriaan Nortjé, 4 Mickey Jordaan, 3 Nathan Erasmus, 2 Imange Gcanga, 1 Kyle Viljoen.
Hoërskool Piet Retief t. Heidelberg Volkskool om 13:30 in Piet Retief
Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 Pedri Pienaar, 13 De Klerk Ferreira, 12 Mukelo Nkosi, 11 Fiso Shabalala, 10 Carl-Hein Creyd, 9 Franco De La Rosa, 8 Dian Dickenson, 7 Tristan Hambrock, 6 Calvin Muller, 5 Fiso Methula, 4 Herald Gevers, 3 Nqobani Gumede, 2 Ulrich Kinghorn, 1 Melo Xulu.
Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Steph Loubser, 13 JR Liebenberg, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Jerado Tafel, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Ashley Cawood, 4 Jano Dietrechsen, 3 Darius Minie, 2 Hanru Coetzer, 1 Reuben Botma.





