SuperSport Schools Plus

Daar staan ‘n Berg(sig) tussen Midstream College en ‘n tweede agtereenvolgende Noordvaal-titel

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-08-18 Tags: , , ,

JAEDEN DE LEEUW, heelagter van Midstream College. FOTO: Frans Lombard

Midstream College het nog een groot hekkie om te oorkom in die vorm van Bergsig Akademie indien hy sy titel as kampioen van Groep 2 in die SDC Noordvaal Cup suksesvol wil verdedig.

Die span van Pretoria is tot hede nog onoorwonne vanjaar. Hy kon daarin slaag om vir Potchefstroom Gimnasium in die halfeindstryd, gemaklik met 42-26 af te ransel.

Die binnesenter, Anru Cronjé, speel deurgans ‘n sleutelrol in sy span se aanslag. Cronjé beskik oor bedrieglike vaart en is ‘n speler wat op die aanval vir sy span vir sy span goud werd is. Terselfde tyd is hy ‘n staatmaker op verdediging en verbykom kanse is min.

Sy kollega op heelagter, Jaedon de Leeuw, sal ook een wees om dop te hou. Die heelagter het deur die loop van die seisoen gewys hoekom hy hoog geag word en is veral op die teenaanval en in gebroke spel op sy gevaarlikste.

Voorlangs sal Midstream op sy woelwater atgsteman, Tian Pretorius, staatmaak. Pretorius is ‘n sleutelspeler in Midstream se aanval en word selde agter die voordeellyn gestuit. Die losvoorspeler is ook kookwater op verdeding en sal nie skroom om sy teenwoordigeid aan te kondig met ‘n paar reuse duikslae nie.

Vir Bergsig, sal dit sy slot Dewald Potgieter, wees wat beoog om sy span, met indrukwekkende barslopies op die voorvoet te sit. Sy kollega aan die kant van die skrum, CJ van Rooyen, sal ook woeker in die vastelos. Van Rooyen is vroeër in die seisoen vanaf die middelveld na flank toe geskuif en blyk dit of hy die fisiekheid voorlangs geniet. Hy is veral by die afbreekpunte ‘n doring in die vlees.

Agterlangs neem losskakel, Simeon Botha, weer sy posisie as generaal op. Botha is uitmuntend met sy bal verspreiding. Die losskakel beskik ook oor die vermoe om spel volgens sy terme te dikteer en skroom nie om skouer in te le op verdediging nie.

Aan Botha se buitekant wag die intemederende figuur van Jayden de Abreu wat op die Midstream-verdedigers wag. De Abreu is veral doodelik om die aanval en sal daar beslis ‘n paar lam skouers aan sy teenstanders se kant wees.

Daar is 70 minute wat tussen die spanne en ‘n welverdiende oorwinning in die afdeling staan.

Die vraag is egter, wie wil dit meer hê?

Die spanne: 

Bersig Akademie teen Midstream in Rustenburg om 12:30:

Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 MJ Pretorius, 13 JL Janse van Rensburg, 12 Jayden de Abreu, 11 Siya Buthelezi, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Juandre Steyl, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Taffa Luyanda, 4 Dewald Potgieter, 3 Herco du Plessis, 2 Clayton Reed, 1 Bhongo Sakie.

Midstream: 15 Jaedon de Leeuw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronje, 11 Kobus Alberts, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Jacques Vos, 6 Jahred Smit, 5 Simon Butler, 4 Kago Montene, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.

Afskop: 13:00

Ander eindstryde: 

o.16 – 11:40: Brandwag (Benoni) vs Hans Strijdom
o.15 – 10:20: Centurion vs Randburg
o.14 – 09:00: Wagpos vs Piet Retief

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.