Affies sluit seisoen onoorwonne af
Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het sy seisoen Saterdag op ?n hoë noot en vir die eerste keer sedert 2001 onoorwonne afgesluit.
Voor ‘n skare van ongeveer 10 000 het Affies hul aardsvyande en bure, Pretoria Boys? High met 50-12 kaf gedraf.
Dit sluit oorwinnings oor onder andere Grey-kollege, Paul Roos Gimnasium, Waterkloof en Maritzburg-kollege in. Hoewel die eindtelling lyk na ?n eensydige affere, was die senuwees hoog teen lemoentyd met die telling op 5 elk, na drieë deur Affies se buitesenter en SA-Skole ster, Jurie Linde en Boys High se vurige vlank, Ryn Townsend.
Affies moes meeste van die eerste helfte in hul eie gebied spandeer met Boys? High wat alles in die stryd gewerp het. Die tweede helfte was dit egter as of ?n totaal nuwe Affie-span die veld betree het, en van die afskop af het die besoekers meeste van die besit geniet en tuisspan deurmekaar gehardloop. Die besoekers het sewe keer agter die doellyn gaan draai in die tweede helfte en die wind uit die seile van die manne oorkant die treinspoor geneem.
Die Wit Bulle se slot, RG Snyman, het sy insluiting in SA-skolespan die afgelope week gestand gedoen deur Boys’ High se lynstane te ontwrig en die lewe moeilik vir die tuisspan gemaak sodra hy die bal onder die arm plant en meters veld wen. Hy is ook met ‘n drie beloon. Jeandre Slabbert, Tiaan Schmulian, Eduan Keyter, Thys van Wyk en WP Eloff het ook agter die doellyn ?n draai gemaak vir Affies. Boys? High se enigste drie in die tweede helfte was deur die stut, Steven Barber.