Welkom Gimnasium verower nog ‘n titel by Hentiesfees
Na twee dae van opwindende sewesrugby in Virginia ter viering van Hentie Cilliers se 70ste bestaansjaar by die Hentiesfees het Welkom Gimnasium met die louere weggestap nadat hulle die tuisspan met 12-5 in die eindstryd kon troef.
Volg die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Die Gimmies het vir Goudveld in die halfeindronde uitgeskakel met 19-0, terwyl Hentie Cilliers naelskraaps met 21-19 teen Hoërskool Trio kon verby kom.
Dit is nog ‘n trofee vir die skool van Welkom om hierdie jaar in hul kabinet uit te stal, die Gimmies het ook die Griffon- en Kovsie-ligas verower hierdie seisoen.
Voortrekker, uit Bethlehem, kon slegs die Vrydag meemaak. Die Trekkers sou definitief ook kon aanspraak maak op die titel, aangesien albei hul spanne op die eerste dag onoorwonne kon bly.
Witteberg se eerstespan het by die Prestige Skole o.17s Sewestoernooi in Potchefstroom oor die naweek deelgeneem, terwyl ‘n tweede span hulle in Virginia verteenwoordig het.
Die tuisspan het hulself uitstekend van hul taak gekwyt om dit tot in die eindstryd te maak, en hulle kan trots wees op hul vertoning teen van die sterkste spanne in die streek, Henties het natuurlik ‘n geskiedenis van uitblink in die vinniger weergawe van die spel en hulle is altyd ‘n opwindende span om te volg.
By die o.15s was dit ook die Kovsiesteekkompetisie se Shimla-liga kampioene wat uitgeblink het, met Voortrekker wat hul drie groepswedstryde op Vrydag kon domineer.
Hulle het vir Welkom Gimnasium en Hoërskool Trio pakslae gegee, voordat hulle ook vir Witteberg met 33-5 kon wegsien.
Witteberg se o.15s is Saterdag as die kampioene gekroon na ‘n 19-12 sege oor Goudveld in die eindstryd.
Die uitslae:
o.17:
Groepwedstryde: Hentie Cilliers 43, Witteberg 0; Goudveld 19, Welkom Gimnasium II 7; Voortrekker 40, Hoërskool Trio 0; Welkom Gimnasium 33, Hoërskool Trio 5; Welkom Gimnasium II 34, Witteberg 5; Voortrekker 33, Wessel Maree 0; Hentie Cilliers 17, Goudveld 14; Voortrekker 17, Welkom Gimnasium 12; Hentie Cilliers 12, Welkom Gimnasium II 10; Goudveld 31, Witteberg 0; Hoërskool Trio 36, Wessel Maree 5; Welkom Gimnasium 33, Wessel Maree 0.
Uitspeelrondes: Eindstryd – Welkom Gimnasium 12, Hentie Cilliers 5; Derde plek – Hoërskool Trio 17, Goudveld 14; 5e/6e – Welkom Gimnasium II 21, Witteberg 12; 7e/8e – Hentie Cilliers II 34, Wessel Maree 0; Halfeindronde – Welkom Gimnasium 19, Goudveld 0; Hentie Cilliers 21, Hoërskool Trio 19; Witteberg 12, Wessel Maree 0; Welkom Gimnasium II 26, Hentie Cilliers II 7.
o.15:
Groepwedstryde: Hoërskool Trio 14, Hentie Cilliers 5; Voortrekker 47, Welkom Gimnasium 0; Witteberg 31, Hoërskool Trio 12; Hentie Cilliers 19, Welkom Gimnasium 7; Voortrekker 45, Hoërskool Trio 0; Witteberg 31, Goudveld 21; Goudveld 12, Hentie Cilliers 7; Voortrekker 33, Witteberg 5; Goudveld 26, Welkom Gimnasium 12; Witteberg 26, Hentie Cilliers 0; Welkom Gimnasium 14, Hoërskool Trio 12; Witteberg 26, Welkom Gimnasium 5; Goudveld 31, Hoërskool Trio 24.
Uitspeelrondes: Eindstryd – Witteberg 19, Goudveld 12; Derde plek – Hentie Cilliers 33, Hoërskool Trio 7; Halfeindronde – Witteberg 21, Hentie Cilliers 12; Goudveld 31, Hoërskool Trio 17.