SuperSport Schools News

Welkom-Gimnasium kampioen van JF-sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-02-23

NuusG JimfoucheDie rugbyspan van Welkom-Gimnasium het sy tweede sewes-titel in dieselfde aantal weke ingeoes. Die span van Welkom het Jim Fouché in die eindstryd van laasgenoemde en Kimberley Express se sewes-toernooi in Bloemfontein met 38-24 verslaan.

Gimmies het verlede jaar se kampioen, Louis Botha, in die eindstryd met 24-21 in ‘n strawwe kragmeting verslaan. Die nuwe kampioen het ook in sy groepwedstryd teen Sehunelo behoorlik gesweet om met 12-10 as oorwinnaars van die veld te stap. Soos verlede week in Frankfort was die Griffons se Cravenweek-heelagter, Ezrick Alexander, weer Gimmies se spelbreker. Byron Ferreira het ook ‘n uitmuntende toernooi beleef.

Gimmies het HTS Sasolburg in hulle ander groepwedstryd van die toernooi met 22-5 geklop. Die twee spanne het mekaar verlede week in die eindstryd van die toernooi in Frankfort gepak. Die kampioen het sy tweede span in die kwarteindronde met 43-0 gekarnuffel.

Die gasheer het gemaklik bo-aan sy groep geëindig deur Douglas (33-0) en Ficksburg (39-0) uit die pad te vee. In die kwarteindstryd het JF ook nie veel problem ondervind om Louis Botha se naasbestes met 29-5 te troef nie. In die halfeindstryd het Wilgerivier van Frankfort met 24-5 teen JF vasgeval.

Louis Botha het ook sy groep op ‘n drafstap gewen deur Welkom-Gimnasium II (19-0) en Heatherdale (48-0) te verslaan.

In die o.16-afdeling het Jim Fouché die kroon gedra deur Louis Botha met 31-12 te klop. Die kampioen se taaiste teenstand het hy van Wilgerivier in die halfeindstryd ontvang. Hy het die kragmeting naelskraaps met 17-14 gewen.

Die Hoërskool President Steyn is vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Hoërskool Bultfontein se sewes-toernooi gekroon. Die Steyners het die gasheer in die eindstryd met 26-15 uitoorlê. In die halfeindstryd het die span van Bainsvlei vir die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg met 21-12 getroef.

Die Steyners het Welkom High met 50-5 in die kwarteindstryd van die toernooi uit die pad gevee. Die kampioen se sterspelers tydens die toernooi was Fanie Griessel en Kobus van Tonder.

Al die uitslae:

Groep A: Jim Fouché 33, Douglas 0; Ficksburg 24, Douglas 5; Jim Fouché 39, Ficksburg 0.

Groep B: Louis Botha 19, Welkom-Gimnasium II 0; Welkom-Gimnasium II 44, Heatherdale 0; Louis Botha 48, Heatherdale 0.

Groep C: Welkom-Gimnasium 22, HTS Sasolburg 5; HTS Sasolburg 12, Sehunelo 5; Welkom-Gimnasium 12, Sehunelo 10.

Groep D: Wilgerivier 15, Tsoseletso 0; Louis Botha II 47, Tsoseletso 12; Wilgerivier 29, Louis Botha II 17.

Uitspeelwedstryde: HTS Sasolburg 33, Douglas 10; Louis Botha II 22, Sehunelo 17; Ficksburg 17, Tsoseletso 14.
Kwarteindstryde: Louis Botha 35, HTS Sasolburg 7; Welkom-Gimnasium 43, Welkom-Gimnasium II 0; Jim Fouché 29, Louis Botha II 5; Wilgerivier 21, Ficksburg 0.

Halfeindstryde: Welkom-Gimnasium 24, Louis Botha 21; Jim Fouché 24, Wilgerivier 5.

Eindstryd: Welkom-Gimnasium 38, Jim Fouché 24.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.