Welkom Gim witwarm teen Witteberg

Welkom Gimnasium het Saterdag in Bethlehem vir Hoërskool Witteberg met 34-3 gelooi.
Die Gimmies het verlede jaar in Welkom met 41-19 koning gekraai, maar rotsvaste verdeging het beteken dat Witteberg vanjaar slegs drie punte, deur losskakel, Sydwell Sethi, kon aanteken.
Renaldo Kiewiet was aan die spits van die Welkom aanslag met een van sy kenmerkende skepskoppe, en ‘n verdere 11 punte danksy ‘n drie en drie doelskoppe.
Die “Swarttruie” se dinamiese agsteman, Ethan Jones, het die veld aan die brand gespeel en twee drieë bygedra, terwyl Bokang Lenenyeho en Terence Tsholo elk ook gedruk het om die sege te beklink.
Die Landboudal-boere het in Bloemfontein met die tuisspan geploeg in hul sege van 43-12 oor Hoërskool Sentraal.
Daardie wedstryd is beskikbaar om weer te kyk op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die wedstryd
Jannie de Waal, die Lanties se sneller op vleuel, het die Bloemfonteinse verdeging twee keer oopgekloof vir drieë, terwyl heelagter, Marius Etzebeth, 13 punte aangeteken het met ‘n drie en vier doelskoppe.
Hoërskool Brandfort se bul-agsteman, Greyven Dempsey, het nie minder nie as vier van sy span se drieë in hul oorwinning van 48-6 oor Hoërskool Heilbron gedruk.
Hoërskool Hentie Cilliers het ook beïndruk om van 7-10, teen halftyd, terug te baklei om vir Goudveld-Hoërskool met 19-15 die loef af te steek.
Puntemakers:
Welkom Gimnasium 34 – Drieë: Ethan Jones (2), Renaldo Kiewiet, Bokang Lesenyeho, Terence Tsholo. Doelskoppe: Kiewiet (3). Skepskop: Kiewiet. Hoërskool Witteberg 3 – Strafdoel: Sydwell Sethi.
Landboudal 43 (22) – Drieë: Jannie de Waal (2), Jan-Louis Nel, Regard Scheepers, Gustav Nel, Simeon de Klerk, Marius Etzebeth. Doelskoppe: Etzebeth (4). Hoërskool Sentraal 12 (5) – Drieë: Van Zyl Hetzel; Marnus Earle. Doelskop: Jayden Betty.
Hoërskool Hentie Cilliers 19 (7) – Drieë: Ashwon Mellen, Mosa Sesedi, Itumeleng Koqo. Doelskoppe: Rorisang Marumo, Joze Draaghoender. Goudveld-Hoërskool 15 (10) – Drieë: Caleb Lottering, Heinru Carstens. Doelskop: Ruben Crous. Strafdoel: JM Rensburg.
SPS Brandfort 48 (19) – Drieë: Greyven Demspey (4), Xander van Heerden (2), Amolang Maloisane, Altus Coetzee. Doelskoppe: Maloisane (4). Hoërskool Heilbron 6 (6).
Hoërskool Duineveld 38 – Drieë: Gregan Jansen (3), Adriaan Botha (2), Ethan van Zyl. Doelskoppe: Van Zyl (4). Hoërskool Kalahari 9.