SuperSport Schools Plus

Vyf spanne onoorwonne op eerste dag van Absa Wildeklawer

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-04-29 Tags: , , , , , ,

PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

Vyf spanne was Vrydag op die eerste dag van die Absa Wildeklawer-netbalwedstryde onoorwonne.

Die toernooi word vanjaar vir die 13de keer by die Hoërskool Diamantveld, die gasheer, in Kimberley aangebied.

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), en Durbanville het al drie hulle wedstyde gewen terwyl Hoërskool Rustenburg, Paarl Girls’ High en Oranje Meisies elk twee wedstyde gewen het.

Affies het Sentraal van Bloemfontein (32-10), La Rochelle (25-18) en die gasheer (33-4) maklik geklop en pak Saterdag twee van Vrydag se onoorwonne spanne, Paarl Girls’ High en Hoërskool Rustenburg asook Hoërskool Garsfontein, wat al drie hul wedstyde verloor het, in die laaste groepwedstryde.

Affies spog reeds met 11 uit 11 oorwinning buiten die bogenoemde oorwinnings.

Durbanville het met Paarl Gimnasium (25-22), Waterkloof (32-19) en HMS Bloemhof (27-16) afgereken en sal Saterdag Helpmekaar Kollege, Oranje Meisies en Hoërskool Menlopark die stryd aansê.

Oranje het Helpmekaar-kollege (31-23) en Menlopark (28-26) ore aangesit.

Die span van Bloemfontein sal dit Saterdag teen HMS Bloemhof, Durbanville en Waterkloof uitspook.

Hierdie sal die derde keer dié jaar wees wat Oranje en Klofies mekaar op die netbalbaan ontmoet en Oranje het reeds ‘n voorsmakie van oorwinning gehad en die vorige twee wedstyde gewen. Sal Oranje onoorwonne bly?

Die gasheer en Garsfontein het beide teen Hoërskool Rustenburg verloor. Rustenburg het die gasheer met 32-16 geklop en Garsfontein met 25-17.

La Rochelle, Affies en Sentraal sal almal Saterdag teen Rustenburg te staan kom.

Paarl Girls’ High het uitstekende spel getoon en La Rochelle (24-17) en Garsfontein (29-15) gewen. Hulle sal Saterdag hul groepwedstryde teen Sentraal, Affies en die gasheer afsluit.

Die laaste twee wedstryde vir die dag, Paarl Girls’ High teen Rustenburg en Oranje Meisies teen Paarl Gimnasium, het uitgereën en sal nou Sondag, 30 April, om 10 uur plaasvind.

Die Hoër Meisieskool Paarl, wat laasjaar as die wenners van Absa Wildeklawer gekroon is, het gewys dat hulle nie maklik hierdie titel gaan prysgee nie.

Uitslae – Dag 1:

Oranje 31, Helpmekaar 23; Affies 32, Sentraal 10; Durbanville 25, Paarl Gimnasium 22; Affies 25, La Rochelle 18; Durbanville 32, Waterkloof 19; Rustenbrug 25, Garsfontein 17;  Oranje 28, Menlopark 26; Affies 33, Diamantveld 4; Menlopark 33, Helpmekaar 26; Paarl Gimnasium 29, Garsfontein 15; Bloemhof 25, Waterkloof 17; Rustenbrug 32, Diamantveld 16; Bloemhof 29, Menlopark 29; Sentraal 21, Diamantveld 12; Helpmekaar 22, Paarl Gimnasium 20; Paarl Girls’ High 24, La Rochelle 17; Durbanville 27, Bloemhof 16; La Rochelle 24, Garsfontein 20.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.