SuperSport Schools Plus

Vyf spanne onoorwonne op Dag 1 van Kloof-fees

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-03-22 Tags: , , ,

Die energie was tasbaar toe die eerste dag van Waterkloof se Kloof-netbalfees met entoesiasme en mag afgeskop het.

Die toernooi, wat vier dae van intense mededinging en kameraadskap beloof, het netbal-entoesiaste van heinde en ver byeengebring.

Eunice High School, Hoërskool Wesvalia, Hoër Meisieskool La Rochelle, Rand Park High School, Parel Vallei High School en Windhoek Afrikaanse Privaatskool het almal die openingsdag van die toernooi onoorwonne afgesluit.

Te midde van die gewoel wat met die toernooi gepaardgaan, het ‘n verbysterende 107 spanne die bane aangedurf. Van dagbreek tot die laaste eindfluitjie in die aand het die bane gegons van aksie en die toejuiging van ondersteuners.

Een van die uitstaande wedstryde van die dag was die naelbyt-kragmeting tussen die gasheer, Hoërskool Waterkloof, en Hoërskool Framesby, van Port Elizabeth. Soos die horlosie getik en die spanning toegeneem het, het albei spanne aanhou veg en geweier om in te gee. Na ‘n uitmergelende stryd, het Framesbury uiteindelik met 17-14 as oorwinnaars uit die stryd getree en Waterkloof beroof van ‘n onoorwonne titel vir die dag.

Die o. 14-spanne skop Vrydagoggend om 07:30 dag twee van die toernooi af.

Uitslae van Dag Een: https://drive.google.com/drive/folders/1kIP75iV5WiAMy_yT_8OhhwQ-Qn12Zszg?usp=sharing

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.