SuperSport Schools Plus

Uppies en Diamonds pak mekaar in Kimberley

By Felicia Erasmus , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-04-05 Tags: ,

Die Noord-Kaapse spanne van Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Upington sê mekaar Saterdag die stryd aan in ‘n netbalkragmeting wat die verbeelding behoort aan te gryp.

Dié wedstryd, wat ‘n skouspel beloof te wees, vind om 10:40 op die tuisbaan van Diamantveld plaas.

Upington tree as gedugte teenstanders na vore, nadat hulle verlede seisoen as naaswenners geëindig het in die Noord-Kaap. Hul vermoëns op die baan mag dus nie onderskat word nie

Christine Esterhuizen, ‘n prominente figuur in netbalkringe, asook Upington se afrigter, is dit eens dat Diamantveld ’n krag is om mee rekening te hou.

“Dit is altyd lekker om jouself teen sulke sterk opposisie te meet,” sê sy

Ten spyte van ‘n uiters jong span, met slegs een senior speler, is Upington nietemin vol vertroue en gretig om hul slag te wys.

Die spanne: 

Hoërskool Upington: Lané Esterhuizen, Anria Oberholzer, Jenique Matthys, Liebe Karsten (o/k), Cara Fourie/Raquel Raman, Kayla du Plessis (k), Lida Louw, Amé Kotze, Mari-Alet van Zyl.

Hoërskool Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber, Lara van Niekerk, Klarissa Taljaard, Brithe Honniball, Zandri Starke.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.