SuperSport Schools News

Uitslae – Dag 1 – Francois Swart Rugbyweek (o.15) – 2017

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-11

AffiesDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se o.15-rugbyspan het sy skool se jaarlikse Francois Swart Rugbyweek vir o.15-spanne met ‘n klinkende sege van 55-7 oor Zwartkop afgeskop. Affies sal vandag in die hoofwedstryd van die tweede dag teen die Hoërskool Nelspruit te staan kom. 

Nelspruit het in sy eerste wedstryd teen King Edward VII met 20-7 die knie gebuig. Waterkloof het ‘n strawwe kragmeting teen Kearsney College naelskraaps met 15-14 gewen. Klofies kom vandag teen Maritzburg College te staan. 

Helpmekaar-kollege het vir Kemptonpark in die hoofwedstryd van die eerste dag met 24-12 die loef afgesteek. EG Jansen van Boksburg het self ‘n groot sege van 50-21 oor Maritzburg College behaal. 

Helpies kom vandag teen Zwartkop te staan. Die span van Johannesburg is die gunsteling vir die wedstryd. Helpies het vroeër vanjaar teen Affies met 13-51 vasgeval.

Uitslae van Dag 1: 

Helpmekaar 24, Kemptonpark 12; EG Jansen 50, Maritzburg College 21; Affies 55, Zwartkop 7; Waterkloof 15, Kearsney College 14; Eldoraigne 23, Jeppe High School for Boys’ 14; King Edward VII 20, Nelspruit 7.

Vandag se bepalings is: 

11:00 – King Edward VII vs. Kemptonpark
12:00 – Waterkloof vs. Maritzburg College
13:00 – Eldoraigne vs. Kearsney College
14:00 – Helpmekaar vs. Zwartkop 
15:00 – EG Jansen vs. Jeppe High School for Boys’ 
16:00 – Affies vs. Nelspruit

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.