Twee nuwelinge volgende jaar in die NWU Sportreeks in aksie
Daar sal volgende jaar twee nuwe gesigte in die NWU Sportreeks in aksie wees.
Die Hoërskool Piet Retief asook Ben Vorster van Tzaneen is die nuwe gesigte wat sal poog om kers saam met van die groot honde in die Noordvaal-streek vas te hou.
Die verdedigende kampioen van die reeks, Waterkloof, sal sy aanslag in Tzaneen teen die Vossies afskop. Die Klofies wat vanjaar ook tot die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling deurgedring het, behoort volgende jaar ook ‘n gedugte span in die veld te stoot.
Piet Retief sal ook sy buiging in die reeks op sy tuisveld in die Jack Botes-stadion teen Menlopark maak. Die Parkies het verlede jaar in die eindstryd van dié reeks teen Waterkloof die knie gebuig.
Volgende jaar sal die 12 spanne in die reeks in vier groepe van drie spanne elk ingedeel wees. Die halfeindstryde van die kompetisie sal reeds op 21 Maart beslis word. Die twee halfeindstryde sal onderskeidelik deur Kempton Park en HTS Middelburg aangebied word.
Die eindstryd sal eers op 12 April op die velde van Dr. EG Jansen in Boksburg beslis word.
Die Poele is:
Poel A: HTS Middelburg, EG Jansen, Hoërskool Nelspruit.
Poel B: Menlopark, Eldoraigne, Piet Retief.
Poel C: Waterkloof, Ben Vorster, Oos-Moot.
Poel D: Kempton Park, Hoërskool Middelburg, Transvalia.
Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):
1 Maart 2025
HTS Middelburg vs EG Jansen
4 Maart 2025
Menlopark vs Eldoraigne
8 Maart 2025
Piet Retief vs Menlopark
Ben Vorster vs Waterkloof
Hoërskool Nelspruit vs HTS Middelburg
Hoërskool Middelburg vs Kempton Park
11 Maart 2025
Waterkloof vs Oos-Moot
Kempton Park vs Transvalia
15 Maart 2025
Eldoraigne vs Piet Retief
Oos-Moot vs Ben Vorster
EG Jansen vs Hoërskool Nelspruit
Transvalia vs Hoërskool Middelburg
- School Rugby Results – 22 March 2025 - 2025-03-22
- Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle - 2025-03-22
- Gekweste Wit Bulle sal teen Grey wil wys dat hulle steeds kan storm - 2025-03-20