SuperSport Schools Plus

Trekkers oorheers Trio op netbalbane

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-04-06 Tags: ,

Hoërskool Voortrekker het Saterdag koning gekraai teen Hoërskool Trio op die netbalbane.

Agt uit Trekkers se 10 spanne het oorwinnings behaal, terwyl een span gelykop gespeel het.

Trekker se eerstespan het behoorlik hul stempel afgedruk op verrigtinge, en vanuit die staanspoor die leiding geneem om die eerste kwart met 10-4 te wen en teen rustyd met 23-8 voor te loop.

Hoewel Trio hul bes probeer het om die gaping te laat krimp, het Trekkers nie minder nie as 13 doele in die derde kwart aangeteken, en Trio slegs vyf, om die telling op 35-13 te staan te bring.

Toe die eindfluitjie blaas het Trekkers ‘n klinkende sege van 46-18 behaal.

Hierdie uitslag verstewig nie alleen Trekkers se posisie as ‘n krag om mee rekening te hou in die Wesgrow Sentrale Sportreeks nie, maar verleng ook hul onoorwonne status in die reeks, saam met die van Hoërskool Sentraal.

Dit was ‘n uitstekende spanpoging deur Trekkers, met vernaam die verdedigende spel van Lykie Jonck en veelsydigheid van Mianca van Niekerk, op sowel die aanval as verdediging, wat beïndruk het.

Al die uitslae:

O. 19 A 46-18
O. 19 B 25-1
O. 19 C 24-2
O. 19 D 17-6
O. 17 A 15-16
O. 16 B 39-6
O. 15 B 15-10
O. 15 C 22-6
O. 14 B 16-12
O. 14 C 4-4

O. 14 A, 15 A en 16 A speel Maandag, 8 April.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.