SuperSport Schools Plus

Status quo gehandhaaf in FNB Classic Clashes

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-05-12 Tags: , , ,

Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

Hoërskool Duineveld, Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Jim Fouché het weer as oorwinnaars uit die stryd getree tydens die jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmetings.

In Bloemfontein het JF naelskraaps vir Hoërskool Sentraal met 21-18 geklop, nadat hulle verlede jaar met 35-28 kon seëvier.

Jim Fouché het van meet af die pas aangegee in vanjaar se stryd om teen rustyd met 19-12 voor te loop. Ten spyte van Sentraal se vasberade verdediging, kon JF volhou om punte op die bord te plaas danksy ‘n dinamiese vertoning deur doel, Jana Rossouw.

Dimpho Totola het haar verdedigingsvaardighede tentoongestel deur kritieke balle van die opposisie te onderskep. Marli van der Merwe van Sentraal se spel op die verdediging was nietemin ewe uitstekend.

Intussen het Hoërskool Diamantveld, in ‘n verhaal van voortdurende triomf, hul oorheersing oor Noord-Kaap voortgesit om vir die sesde agtereenvolgende jaar met die louere weg te stap. Diamonds het verbeter op hul vorige sege van 33-28, deur vanjaar met 38-21 die pyp te rook.

Dié kragmeting was op ‘n mespunt gebalanseer in die eerste kwart, met slegs twee doele wat die spanne geskei het. Diamonds het egter in die tweede kwart 11 doele teenoor Noord-Kaap se drie aangeteken en ‘n taamlike voorsprong van 19-9 met rustyd bewerkstellig.

Die derde kwart was deurslaggewend met Diamantveld wat hul voorsprong met 13 doele gerek het, om uiteindelik met ‘n eindtelling van 38-21 te wen. Klarissa Taljaard se spogvertoning het aan haar die titel as Speler van die Wedstryd besorg.

Hoërskool Duineveld was weer té goed vir Hoërskool Upington, maar moes nietemin hard swoeg vir hul sege van 36-32. Duineveld het hul buurskool in 2022 met 42-25 verslaan.

Die wedstryd het as ‘n naelbyt-affêre ontvou, met die spanne wat regdeur die vier kwarte kop aan kop getrek het.

Teen halftyd het Uppies met 19-17 voorgeloop, maar Duineveld het nie gaan lê nie en in die derde kwart die voortou geneem met 27-25. Die vierde kwart was bepalend met Duineveld wat met ‘n geringe marge van vier doele kon triomfeer.

Clarise Barnard se uitmuntende vertoning as hulpdoel het vir Duineveld deurslaggewende punte verseker, terwyl Yolanda de Kock se voorbeeldige verdedigingsvernuf hul veerkragtigheid versterk het.

Diamantveld t. Noord-Kaap uitslae:

o.14A 35-5

o.15A 26-13

o.16A 36-10

o.17A  36-9

o.19A  38-21

Jim Fouché t. Sentraal uitslae:

o.19A 38-21

o.19B 25-12

o.19C 27-15

o.19D 19-15

o.17A 11-28

o.16A 21-14

o.16B 22-18

o.16C 18-12

o.15A 13-25

o.15B 12-12

o.15C 17-16

o.15D 14-20

o.15E 7-11

o.14A 20-18

o.14B 17-19

o.14C 6-14

o.14D 7-19

Duineveld t. Upington uitslae:

o.19A 32-36

o.19B 17-22

o.16A 15-22

o.16B 8-17

o.15A 20-1

o.15B 18-13

o.15C 7-7

o.14A 17-26

o.14B 4-34

o.14C 6-29

 

 

 

 

 

 

 

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.