SuperSport Schools Plus

Spelers en hul skole vir vanjaar se Curriebeker-eindstryd

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-10-21

GreyKollegeIn die afgelope paar jaar se eindstryde van die Curriebeker-reeks het skole vanuit die Paarl die oorgrootte meerderheid spelers tot die spanne bygedra. Die land se voortste rugbyfabriek in die geskiedenis, Grey-kollege, dra egter vanjaar weer die kroon met die meeste verteenwoordigers in Saterdag se eindstryd in die Toyota-stadion tussen die Cheetahs en die Blou Bulle in Bloemfontein. 

Sewe spelers wat Saterdag in die eindstryd vir die twee spanne in aksie sal wees het aan Grey-kollege in die Rosestad gematrikuleer. Hulle is die Cheetahs se kaptein en senter, Francois Venter, die losskakel Niel Marais, die agtsteman Niell Jordaan, die plaasvervanger-haker Jacques du Toit, die plaasvervanger-flank Henco Venter en die Ligbloues se senter Dries Swanepoel en plaasvervanger-skrumskakel Piet van Zyl. 

Louis Botha van Bloemfontein het twee spelers in Raymond Rhule en Ox Nche wat in die wedstryd in aksie sal wees, terwyl nog ‘n skool van die Rosestad Jim Fouche deur die Bulle se vleuel, Jamba Ulengo verteenwoordig sal wees. 

Die Paarl het ook ‘n hele van sy “seuns” wat hul staal sal toon. Die Cheetahs se slot Justin Basson en vaskopstut, Johan Coetzee, het albei in die Agter-Paarl by Boland Landbou gematrikuleer. Die Cheetahs se loskopstut, Charles Marais, is ‘n produk van die Hoer Jongenskool Paarl wat vanjaar die skolerugby-seisoen as Suid-Afrika se voorste span afgesluit het. Die Ligbloues se vaskopstut, Jacobie Adriaanse, is ‘n Bloedwors van Paarl Gimnasium. 

Al die spelers van die Paarl wat in die eindstryd betrokke is verdien darem nie hul geld in die vaste vyf nie. Die Cheetahs se heelagter, Clayton Blommetjies, is ‘n produk van New Orleans. 

Affies het naas Grey-kollege die tweede meeste verteenwoordigers in die eindstryd. Nico Lee, Shaun Venter (albei Cheetahs), Pierre Schoeman en Jannes Kirsten (albei Blou Bulle) het almal aan die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria gematrikuleer. 

Die spanne is: 

Toyota Vrystaat-Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies (New Orleans), 14 Sergeal Petersen (Grey PE), 13 Francois Venter (Grey-kollege – kaptein), 12 Nico Lee (Affies), 11 Raymond Rhule (Louis Botha), 10 Niel Marais (Grey-kollege), 9 Shaun Venter (Affies), 8 Niell Jordaan (Grey-kollege), 7 Uzair Cassiem (Strand), 6 Paul Schoeman (Marlow Landbou), 5 Reniel Hugo (Paul Roos Gimnasium), 4 Justin Basson (Boland Landbou), 3 Johan Coetzee (Boland Landbou), 2 Torsten van Jaarsveld (Hendrik Verwoerd), 1 Charles Marais (Paarl Boishaai). Plaasvervangers: 16 Jacques du Toit (Grey-kollege), 17 Ox Nche (Louis Botha), 18 Armandt Koster (Pionier), 19 Henco Venter (Grey-kollege), 20 Tian Meyer (Westville Boys’ High), 21 Fred Zeilinga (Glenwood), 22 Rayno Benjamin (Weston), Conrad van Vuuren (Nelspruit). 

Vodacom Blou Bulle: 15 Ulrich Beyers (Ermelo), 14 Travis Ismaiel (Tygerberg), 13 Dries Swanepoel (Grey-kollege), 12 Burger Odendaal (Monument), 11 Jamba Ulengo (Jim Fouche), 10 Tian Schoeman (HTS John Vorster), 9 Rudy Paige (Bastion), 8 Arno Botha (Nylstroom – kaptein), 7 Jannes Kirsten (Affies), 6 Roelof Smit (Waterkloof), 5 Marvin Orie (Tygerberg), 4 Jason Jenkins (St. Alban’s College), 3 Jacobie Adriaanse (Paarl Gimnasium), 2 Jaco Visagie (Augsburg Gimnasium), 1 Lizo Gqoboka (Ntabankuku). Plaasvervangers: 16 Bandise Maku (Dale College), 17 Martin Dreyer (Wonderboom), 18 Pierre Schoeman (Affies), 19 Nic de Jager (St. John’s College), 20 Hanro Liebenberg (HTS Drostdy), 21 Piet van Zyl (Grey-kollege), 22 Joshua Stander (Queen’s College), 23 Bjorn Basson (Dale College). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.