Só staan sake in die Tuks-reeks 2015
Die Hoërskool Nelspruit se Rhinos kom more in sy laaste groepwedstryd van die Tuks-reeks teen Florida op laasgenoemde se tuisveld te staan. Die Rhinos behoort die kragmeting te wen en bo-aan Groep D van die kompetisie te eindig. Die enigste ander groepwedstryd wat ook more gespeel word, die tussen Kemptonpark en Marais Viljoen, behoort ook aan Kempies ‘n boonste posisie in hulle groep te verseker.
Florida kan nog met ‘n reuse sege van 50 punte oor Nelspruit tot die kwarteindstryde deurdring, maar dit is hoogs onwaarskynlik. Monument en HTS Middelburg se Rooi Bulle sal mekaar op 18 April in die een kwarteindstryd die stryd aansê. Monnas is na hulle sege van 18-8 oor die verdedigende kampioen, EG Jansen van Boksburg, die vroeë gunsteling om die kroon te dra.
Die span van Boksburg kom in sy kwarteindstryd teen Eldoraigne te staan wat bo-aan Groep C geëindig het. Indien daar geen verrassings is nie sal Kemptonpark en Hoërskool Pietersburg mekaar in nog ‘n kwarteindstryd pak, terwyl Nelspruit teen Garsfontein in die ander halfeindstryd sake sal uitspook. Dit is ‘n herontnoeting van verlede jaar se Beeldtrofee eindstryd.
Die stand van sake is:
Groep A
| Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Punte |
| Monument | 3 | 3 | 0 | 0 | 122 | 13 | 14 |
| EG Jansen | 3 | 2 | 0 | 1 | 168 | 59 | 8 |
| Transvalia | 3 | 0 | 1 | 2 | 52 | 151 | 3 |
| Centurion | 3 | 0 | 1 | 2 | 22 | 131 | 2 |
Groep B
| Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Punte |
| Garsfontein | 3 | 2 | 0 | 1 | 127 | 54 | 10 |
| Kemptonpark | 2 | 2 | 0 | 0 | 65 | 39 | 10 |
| Ermelo | 3 | 1 | 0 | 2 | 37 | 85 | 4 |
| Marais Viljoen | 2 | 0 | 0 | 2 | 12 | 63 | 1 |
Groep C
| Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Punte |
| Eldoraigne | 3 | 3 | 0 | 0 | 58 | 33 | 12 |
| HTS Middelburg | 3 | 2 | 0 | 1 | 102 | 67 | 10 |
| Hoërskool Klerksdorp | 3 | 1 | 0 | 2 | 62 | 71 | 5 |
| Hoërskool Rustenburg | 3 | 0 | 0 | 3 | 57 | 108 | 1 |
Groep D
| Span | G | W | Gelyk | V | Punte V | Punte T | Punte |
| Hoërskool Pietersburg | 3 | 2 | 0 | 1 | 99 | 66 | 10 |
| Nelspruit Rhinos | 2 | 2 | 0 | 0 | 62 | 34 | 10 |
| Florida | 2 | 1 | 0 | 1 | 44 | 66 | 5 |
| Vereeniging Gimnasium | 3 | 0 | 0 | 3 | 51 | 90 | 1 |




