Sentraal, La Rochelle en Framesby sit segetogte voort by Kloof-Netbalfees
Die tweede dag van vanjaar se opwindende Kloof-Netbalfees het nogmaals nie teleurgestel nie. Spanne het alles in die stryd gewerp in ’n reeks kragmetings wat toeskouers op die punte van hul stoele vasgenael gehou het.
Hoërskool Sentraal het hul merk gemaak deur die dag onoorwonne af te sluit. Hulle het verál teen Oosterlig (30–9) en Waterkloof (19–12) netbal van die hoogste gehalte opgedis.
Dit was vernaam Sentraal se beheerde spel, kragtige aanval en vlymskerp verdediging wat ‘n blywende indruk gelaat het. Met Protea- en Fast 5-verteenwoordigers, Refiloe Nketsa en Zandre Smit, as afrigters, is Sentraal beslis in ‘n bevoorregte posisie en besig om die vrugte daarvan te pluk.
La Rochelle en Framesby is nóg twee spanne wat hul segetogte voortgesit het – en dit het in die proses tonne drama opgelewer.
In een van die vele naelbytstryde van die dag, het La Rochelle en Framesby kragte gemeet in ’n titaniese gelykopstryd van 24–24. Die spanne het hope karakter getoon en verbete geveg tot die einde, maar kon mekaar eenvoudig nie uitoorlê nie. Alhoewel dit nie as ’n nederlaag tel nie, het dit nietemin so hittete die einde van een van dié twee spanne se perfekte rekord beteken.
Een van die uitblinkers van die dag was sonder twyfel La Rochelle se Christelle Greyling wat in haar rol as hulpverdediger haas ondeurdringbaar was. Haar spel-intellek en vermoë om spel te lees het gelei tot talle kritieke onderskeppings, wat keer op keer die momentum ten gunste van haar span laat swaai het. Christelle se teenwoordigheid op die baan het ’n tasbare verskil gemaak en sy is tereg as een van die spelers van die dag uitgelig.
Redhill het ’n kragtige sege van 45–5 oor Reitz behaal, terwyl Amanzimtoti hulself ook as ’n span van formaat bevestig het met ’n indrukwekkende oorwinning van 33–11 oor Vrede. Voortrekker was ook op dreef met drie puik seges, oor onder andere teen Klerksdorp (28–21) en Windhoek Privaatskool (23–16). Kempton Park het ook ‘n bevredigende dag beleef met ‘n oorwinning oor Ashton (18-11), asook ‘n gelykopuitslag teen Wesvalia (18-18).
Namate die Kloof-Netbalfees vorder, begin die koring hulself van die kaf te skei. Met die halfpadmerk van die toernooi wat bereik is, sal dit interessant wees om te sien of spanne soos Sentraal, La Rochelle en Framesby hul momentum kan behou om die kompetisie onoorwonne af te sluit. Hou gerus dop om te sien wié volgende die kollig gaan steel – Dag 3 beloof selfs meer aksie, uitmuntende spel en onvergeetlike oomblikke.
Uitslae | Dag 2
Hoërskool Alberton | 19 | Centurion | 10 |
Ellisras | 10 | Eunice | 23 |
Ferrum | 18 | Waterkloof | 22 |
St Anne’s | 20 | Empangeni | 20 |
Amanzimtoti | 31 | Bergvlam | 6 |
Ashton | 29 | Gerrit Maritz | 6 |
Piet Potgieter | 15 | Vrede | 22 |
Reitz | 11 | Piet Retief | 23 |
Redhill | 24 | Windhoek Hoërskool | 19 |
Brandwag | 25 | Potch Volkies | 19 |
Framesby | 25 | Witteberg | 17 |
Wesvalia | 12 | Voortrekker | 25 |
Klerksdorp | 15 | La Rochelle | 26 |
Windhoek Privaatskool | 30 | Wagpos | 6 |
Waterkloof | 12 | Sentraal | 19 |
Oosterlig | 8 | Jeugland | 20 |
Piet Retief | 29 | Piet Potgieter | 14 |
Gerrit Maritz | 14 | Empangeni | 23 |
Vrede | 11 | St Anne’s | 19 |
Reitz | 5 | Redhill | 45 |
Hoërskool Alberton | 27 | Bergvlam | 11 |
Amanzimtoti | 25 | Witteberg | 21 |
Ferrum | 5 | Centurion | 25 |
Windhoek Hoërskool | 28 | Ellisras | 7 |
Windhoek Privaatskool | 6 | Waterkloof | 16 |
Wagpos | 10 | Brandwag | 19 |
Potch Volkies | 10 | Kemptonpark | 18 |
Ashton | 11 | Jeugland | 18 |
Wesvalia | 16 | Eunice | 19 |
Klerksdorp | 21 | Voortrekker | 28 |
La Rochelle | 24 | Framesby | 24 |
Oosterlig | 9 | Sentraal | 30 |
Centurion | 24 | Ellisras | 10 |
Windhoek Hoërskool | 22 | Brandwag | 20 |
Potch Volkies | 17 | Framesby | 23 |
Waterkloof | 15 | La Rochelle | 25 |
Klerksdorp | 11 | Sentraal | 18 |
Hoërskool Alberton | 25 | Waterkloof II | 15 |
St Anne’s | 19 | Ferrum | 17 |
Eunice | 15 | Witteberg | 16 |
Jeugland | 29 | Wagpos | 9 |
Windhoek Privaatskool | 16 | Voortrekker | 23 |
Oosterlig | 8 | Kemptonpark | 18 |
Wesvalia | 18 | Ashton | 21 |
Vrede | 11 | Amanzimtoti | 33 |
Reitz | 19 | Empangeni | 23 |
Piet Retief | 21 | Redhill | 37 |
Piet Potgieter | 13 | Bergvlam | 16 |