SuperSport Schools Plus

Rooi Bulle en Rhinos in NuPower/Tuks-eindstryd en Puma-proewe

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-10 Tags: ,

DIE twee voorste skolerugbyspanne van die Pumas, HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit sal more op die LC de Villiers-stadion in Pretoria sake om die titel as kampioen van die NuPower/Tuks-reeks uitspook.

Verlede jaar se naaswenner, Waterkloof van Pretoria het nie vanjaar aan die reeks deelgeneem nie. Die Klofies sal more teen Hoërskool Noord-Kaap in ‘n interskole-kragmeting in Kimberley te staan kom. Die verdedigende kampioen, Centuiron is twee weke gelede deur HTS Middelburg uitgeskakel. 

Die kragmeting tussen HTS Middelburg en EG Jansen vroeër in vanjaar se kompetisie is as die eintlike “eindstryd” beskou omdat dié twee skole se spanne as die voorste spanne in die reeks gereken was. Die span van Middelburg het die kragmeting 15-12 gewen.

Die Rhinos van Nelspruit beklee egter ‘n hoër posisie as die Rooi Bulle op School of Rugby se nuutste ranglys. Die Rhinos beklee die sewende posisie, terwyl HTS Middelburg die tiende posisie beklee. EG Jansen wat deur HTS Middelburg uitgeskakel is, beklee tans die vyfde posisie. Die Rooi Bulle kan met ‘n oorwinning in die eindstryd hom moontlik onder die voorste vyf spanne in die land laat tel.

Drie losvoorspelers van verlede jaar se Pumas Cravenweek-span Willandré Kotzenberg (HTS Middelburg), Daniël Maartens en Menzi Nhlabathi (albei Nelspruit) sal in die eindstryd in aksie wees. Die Rooi Bulle se slot Michael Basson was ook verlede jaar vir die Pumas op die Cravenweek in Port Elizabeth in aksie.

Albei spanne se spelers was Maandag nog in die Pumas se proewe in aksie, maar die keurders kon net sowel die twee spanne se spelers vir dié proewe afgegee het en die eindstryd kom bywoon het. Die Rooi Bulle is nog onoorwonne vanjaar en het onder andere met Marais Viljoen (75-5), Transvalia (38-8), Florida (47-23), Hoërskool Klerksdorp (26-15), Wonderboom (34-3), Zwartkop (59-3), HTS John Vorster (29-15) en EG Jansen (15-13) afgereken.

Nelspruit se enigste nederlaag tot dusver die seisoen was teen Waterkloof (17-22) op St. John-kollege in Johannesburg se Paastoernooi.

Die spanne is:

HTS Middelburg: 15 Michael Chabant, 14 Allen Muller, 13 Lourens Basson, 12 George Fritz, 11 Ruan du Plooy, 10 Lohan Bennet, 9 Rowan Gouws, 8 Christo de Jager, 7 Waldo Morris, 6 Willandré Kotzenberg, 5 Michael Basson, 4 Petrus du Busson, 3 Stephan Liebenberg, 2 Nelius Smit, 1 JP Zaayman.

Hoërskool Nelspruit: 15 Jesse du Toit, 14 Ruan Nel, 13 Kabous Engelbrecht, 12 Helgard Viljoen, 11 Mauro Bucuchae, 10 Waldo Putter, 9 Christiaan Erasmus, 8 Menzi Nhlabathi, 7 Bendré Heroldt, 6 Daniël Maartens, 5 Riaan le Roux, 4 Gert Aggenbach, 3 Conraad van Vuuren, 2 Jaco Vosloo, 1 Ben-Chris Badenhorst.

Afskop: 14:45
Skeidsregter: Stephan Geldenhuys (Blou Bulle)

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.