SuperSport Schools Plus

Potgieter blink vir Pieties in sege oor Lichtenburg

By Felicia Erasmus , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-03-17 Tags: , ,

Die Hoërskool Pietersburg van Polokwane se eerste netbalspan stoom voort in die NWU Prestige-reeks. Die Pieties het Saterdag vir Lichtenburg met 31-10 in hul groepwedstryd verslaan.

Dit volg na die span van Polokwane die vorige week vir Die Anker van Brakpan met 30-15 die loef afgesteek het.

Pieties se senter, Joné Potgieter, was haar span se staatmaker in die sege oor Lichtenburg. Sy was uitstekend op die aanval sovel as op die verdediging.

Potgieter het ‘n hele paar keer omgekeerde besit vir haar span vir seker deur Liggies se aangee te onderskep. Die kombinasie op verdediging van Abi Briel en Mia Alberts het ook baie druk op die verloorspan se doele geplaas.

Pietersburg het na die eerste kwart reeds daarin geslaag om ‘n voorsprong van 9-3 op te bou. Die Liggies het goed in die tweede kwart teruggeveg maar teen rustyd steeds ‘n agterstand van 7-14 gehad.

In die laaste twee rondtes het Pietersburg heeltemal die oorhand gehad, hulle het geen kanse laat verby gaan nie. In die laaste kwart het Pieties vyfde rat gevind en 12 doele aangeteken en slegs een laat deurglip.

Potchefstroom Gimnasium het ‘n spoggerige sege van 51-13 oor Die Anker behaal. Suné Barnard, Lana Burger, Christie-Mari Coetzee en Twayn Maartens was die spelers wat vir die wenspan uitgestaan het.

Al die uitslae: 

o.19A: Pietersburg 31, Lichtenburg 10; Hoërskool Rustenburg 33, Wesvalia 25; Zwartkop 31, Potchefstroom Volkskool 15; Hoërskool Klerksdorp 31, Hugenote (Springs) 14; Montana 31, Oosterlig 9; Marais Viljoen 41, Jeugland 19; Potchefstroom Gimnasium 51, Die Anker 13.

o.17A: Pietersburg 15, Lichtenburg 9; Montana 18, Oosterlig 14; Rustenburg 22, Wesvalia 11; Potchefstroom Volkskool 23, Zwartkop 17; Marais Viljoen 32, Jeugland 7; Hoërskool Klerksdorp 19, Hugenote 8; Potchefstroom Gimnasium 54, Die Anker 3.

o.16A: Pietersburg 32, Lichtenburg 8; Montana 21, Oosterlig 14; Rustenburg 41, Wesvalia 6; Zwartkop 20, Potchefstroom Volkskool 14; Marais Viljoen 28, Jeugland 13; Hoërskool Klerksdorp 22, Hugenote 4; Potchefstroom Gimnasium 27, Die Anker 14.

o.15A: Pietersburg 33, Lichtenburg 4; Montana 36, Oosterlig 18; Rustenburg 19, Wesvalia 9; Potchefstroom Volkskool 20, Zwartkop 15; Jeugland 17, Marais Viljoen 15; Hoërskool Klerksdorp 13, Hugenote 10; Potchefstroom Gimnasium 36, Die Anker 13.

o.14A: Pietersburg 27, Lichtenburg 10; Montana 28, Oosterlig 5; Rustenburg 22, Wesvalia 19; Zwartkop 27, Potchefstroom Volkskool 3; Marais Viljoen 21, Jeugland 15; Hoërskool Klerksdorp 24, Hugenote 7; Potchefstroom Gimnasium 16, Die Anker 9.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.