Piet Retief maak stem dik in die Jack Botes-stadion
Hoërskool Piet Retief het sy die eerste groot hond in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling raak gebyt.
Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).
Die span van Mpumalanga het in ‘n naelbytstryd, met ‘n telling van 21-20 oor Hoërskool Eldoraigne se Drake geseëvier.
Die tuisspan was vinnig uit die blokke. Hy het reeds twee keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier toe die Eldo’s kans kry om die stof uit sy oe te vee.
Agtsteman, Christiaan Pienaar, was die tuisspan se uitblinker op die dag. Pienaaar het ‘n woelwater wedstryd beleef en die besoekers van Centurion deurgangs op hul tone gehou.
Hy was met, sterk barslopies, uitstekend op die aanval en was dit ook hy wat vir sy span se eertse vyfpunter oorgebars het. Daarmee saam was hy ‘n doring in die vlees in gebroke spel. Die agtsteman het véral in die vastelos gewoeker.
Pienaar was egter nie alleenlik verantwoordelik vir die aanslag by die afbreekpunte nie. Sy kollega en oopkantflank, Melo Xulu, was nes Pienaar, deurgangs ‘n bedreiging vir die Eldo’s se losbal. Xulu het ook kort na sy spanmaat, suurlik onder die pale oorgeduik vir sy span se tweede vyfpunter, wat die besoekers onder baie druk geplaas het.
Die span van Centurion het egter goeie veggees gewys. Hy kon die momentum ietwat in sy guns swaai en het dié tot ‘n welverdiende kuiertjie agter die doellyn vir sy besige agtsteman, SW Liebenberg, gelei. Liebenberg se energieke spel op die aanvaal en werksetiek op verdiging het van hom een van die besoekers se groot uitblinkers gemaak.
Sy vasskopstut, Jaco Fourie, was ewe indrukwekkend. Hy het veral sy stempel in die skrums afgedruk wat verseker het dat die besoekers hier, die oorhand geniet. Fourie se harde werk is kort na rustyd, met ‘n baie sterk barslopie, met die Eldo’s se enigste ander vyfpunter beloon.
Potchefstroom Gimnasium het met ‘n uitstekende vertoning van hardloop rugby oor die besoekende Dr. Malan, met ‘n telling van 58-29, in Potchefstroom geseevier.
Die Potchefstroomers het nie minder as tien keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier nie. Haker, Jaco Nel, agtsteman, Elrich Bosch, en linkervleuel, Toks Becker, het elk dubbelle driedruk genot beleef.
Dit was véral Nel en Bosch wat hand opgesteek het. Die duo het behoorlik in gebroke spel gewoeker. Albei was byna onkeerbaar op die aanval en het hulle gereeld hul goeie vaardighede in die middelveld vertoon.
Dit was duidelik dat die tuisspan se voorspelers die oorhand geniet in alle vassete van die wedstryd. Dit het ook die platform, vir Becker en die res van die Gimmie-agterlyn, gele om die hope spasie, na hartelus aan te val.
Die besoekers se losskakel, Luka Pretorius, het moedig probeer om sy span in die wedstryd te hou. Pretorius het gewys dat sy goeie visie en balverspreiding menigde hoofpyne vir sy toekomstige teenstanders kan veroorsaak. Daarmee saam het hy ook gewys dat sy geleerde skopstewel enige disipplinere blapse hewig kan straf.
Puntemakers:
Piet Retief 21 (14) – Drieë: Christiaan Pienaar, Melo Xulu, Langelihle Ntuli. Doelskoppe: Owethu Shabalala (2). Strafdoel: Shabalala. Eldoraigne 20 (7) – Drieë: SW Liebenberg, Jaco Fourie. Doelskoppe: JP Meyer (2). Strafdoele: Meyer (2).
Potchefstroom Gimnasium 58 (36) – Drieë: Jaco Nel (2), Toks Becker (2), Elrich Bosch (2), Bart du Plooy, Dian Smith, Tiardt Vorster, Morné van Aswegen. Doelskoppe: Jean Groenewald (4). Dr Malan 29 (10) – Drieë: Bernard Benson (2), Anthony Botes, Luka Pretorius. Doelskoppe: Luka Pretorius (3). Strafdoel: Dian van den Berg.
Hoërskool Alberton 12 – Drieë: Thando Baloi, JC Nienaber. Doelskop: Jayden Moster. Potchefstroom Volkskool 12 – Drieë: Christoff Nel, Diaan van der Merwe. Doelskop: Johandré Maree.
Hoërskool Randburg 23 – Drieë: Quinton Filllies, Francois Groenewald. Doelskoppe: Hendri Oosthuizen (2). Strafdoele: Oosthuizen (3). Wagpos 14 – Drieë: Frans Burger (2). Doelskoppe: Burger (2).
Ander spanne:
o.16: Piet Retief 29, Eldoraigne 24; Dr Malan 19, Potchefstroom Gimnasium 15; Potchefstroom Volkskool 32, Alberton 26; Wagpos 24, Randburg 22.
o.15: Piet Retief 41, Eldoraigne; Dr Malan 55, Potchefstroom Gimnasium 0; Potchefstroom Volskool 33, Alberton 12; Wagpos 22, Randburg 7.
o.14: Piet Retief 5, Eldoraigne 0; Dr Malan 12, Potchefstroom Gimnasium 7; Potchefstroom Volkskool 50, Alberton 0; Randburg 24, Wagpos 12.