SuperSport Schools Plus

Piet Retief hervat Bowl-veldtog op tuisbodem

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-07-19 Tags: , , , , , , , ,

Die Jack Botes-stadion, tuisveld van Hoërskool Piet Retief, is aan die gons in afwagting vir die hervatting van sy veldtog in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Die span van Mpumalanga pak die gekweste Potchefstroom Volkskool, Saterdag op hul tuisveld. Die Volkies lek nog hul wonde nadat hulle verlede naweek, na ‘n kragtige vertoning in die tweede helfte deur Hoërskool Eldoraigne, die onderspit met 27-44 moes delf.

Dit het ook teen ‘n prys vir die besoekers gekom aangesien hulle die tog na Piet Retief sonder hul staatmaker op binnesenter, Ethan Leggat, moet aanpak. Leggat se besering het ‘n paar interessante skuiwe in die Potchefstroomers se beginspan tot gevolg gehad.

Die hardwerkende steelkantflank, Christoff Nel, gaan sy veelsydigeheid Saterdag tentoonstel wanneer hy die pak vir die agterlyn verruil. Nel trek die nr. 12-trui oor sy kop, in die plek van Leggat, wat kopsere vir die tuisspan kan besorg aangesien hy ‘n uitstekende baldraer is.

Marlu du Preez skuif van haker na steelkantflank, terwyl Louis Fourie ‘n geleentheid in die middel van die voorry kry.

Die tuisspan is gretig om na ‘n ekstra afnaweek hul Bowl-veldtog te hervat.

“Ons het die tyd gebruik om aan ons afskoppe en afbreekpunte te werk. Dit is waar daar ‘n bietjie skaafwerk nodig was,” het Pieter de Waal, die tuisspan se hoofafrigter gesê.

Die span van Piet Retief beskik oor ‘n uiters gevaarlike agterlyn en ‘n stewige platform voorlangs kan pêrre vir die besoekers beteken. Daarvoor sal die slotpaar, Jaco Klopper en Tiaan Korff, hul stempel deeglik moet afdruk.

Agterlangs moet die woelige skrumskakel, Kyle Stock, en heelagter, Langelihle Ntuli, fyn dopgehou word. Stock is lief daarvoor om die verdediging om die afbreekpunte te toets, terwyl Ntuli se teenaanvalle beduidende gevaar inhou.

Meyerton kan ook uitsien na ‘n uiters fisiese kragmeting wanneer die tuisspan, Hoërskool Dr Malan, vir Hoërskool Alberton verwelkom. Die span van Alberton soek ‘n tweede agtereenvolgende oorwinning.

Hulle het verlede naweek beïndruk met ‘n uitmuntende vertoning waarmee hulle vir Hoërskool Wagpos met 29-19 kon omdop, en dit nógal sonder hul staatmaker en kaptein, Carlos Madjiet, wat vir die res van die seisoen op die krukkelys is. Sy plaasvervanger, Jaydon Moster, het egter puik gevaar op heelagter.

Die Dokkies moes huistoe keer na ‘n naelskraapse nederlaag van 18-21 teen Hoërskool Randburg in die vorige ronde. Tuisveldvoordeel en ‘n tikkie towerkuns deur heelagter, Luka Pretorius, kan ‘n broodnodige oorwinning vir die span van Meyerton verseker.

Merensky Landbou Akademie se breier, Steve Kruger, en die res van sy span het heelwat gehad om oor kop te krap. Die span van Tzaneen kom Saterdag teen die onvoorspelbare Hoërskool Randburg te staan, met beserings wat verdere sout in die Plasies se wonde gesmeer het na hulle met 24-29 teen Potchefstroom Gimnasium vasgeval het.

Hul Akademieweek-skrumskakel, JD Boshoff, moes noodgedwonge na heelagter skuif, nadat Ashten Demos ‘n besering teen Gimmies opgedoen het. Steelkantflank, PG Botes, het sy hand teen die Potchefstroomers beseer en word deur Blessing Mathebula vervang.

Hoërskool Eldoraigne se Drake wil voortbou op die briljante momentum van die vorige ronde wanneer hulle Saterdag na Brits reis om met Hoërskool Wagpos swaarde te kruis. Die Eldos het waarskynlik hul beste vertoning van die jaar teen die Volkies in Potchefstroom gelewer.

Die span van Brits sal verál die Drake se skrumskakel, Darren Bruwer, moet dophou. Bruwer het herinner aan ‘n Faf de Klerk teen die Volkies en kan met sy energieke spel en slim taktiese skopwerk heelwat druk op die manne van Brits plaas.

Die spanne:

Hoërskool Piet Retief t. Potchefstroom Volkskool om 12:20 in Piet Retief

Hoërskool Piet Retief: 15 Langelighle Ntuli, 14 Masshilo Kgathla, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Aphiwe Khumalo, 9 Kyle Stock, 8 Christiaan Pienaar, 7 Melo Xulu, 6 SJ van Barneveld, 5 Jaco Klopper, 4 Tiaan Korff, 3 Louis Grobler, 2 Jandre van Deventer, 1 Sfundo Mayisa.

Potchefstroom Volkskool: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Christoff Nel, 11 Lorenzo Louw, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Stef Schoeman, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Louis Fourie, 1 Konrad Pretorius.

Hoërskool Dr. Malan t. Hoërskool Alberton om 12:20 in Meyerton

Dr. Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Willem Taylor, 12 Dillon Gouws, 11 Dewald Erasmus, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Anthony Botes, 6 JT Swart, 5 Liam Giacomozzi, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouché.

Hoërskool Alberton: 15 Ayanda Madebane, 14 Nathen Reicherdt, 13 Sipho Sibanyoni, 12 Ewan Muller, 11 Carlos Majier, 10 Dewald de Jager, 9 Thando Baloi, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Amogelang Tokwe, 6 Luke Joubert, 5 Herman du Preez, 4 Kay-C Nel, 3 Xander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw

Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Randburg om 12:30 in Tzaneen

Merensky: 15 JD Boshoff, 14 Andreas Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Hardus Terblanche, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 Hendre Theron, 8 Lukas Pieterse, 7 Blessing Mathebula, 6 Corne Swanepoel, 5 Franco Badenhorst, 4 Craig Walker, 3 Ruan Marcos, 2 JJ Goosen, 1 Ethan Maritz.

Hoërskool Randburg (moontlik): 15 Francois Groenewald, 14 Shandre Vermaak, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jayden Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor van Blerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.

Wagpos t. Eldoraigne in Brits.

Wagpos (moontlik): 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Dian Coetzee, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Antonio Galvan, 6 Du Toit van Deventer, 5 Nathan Louw, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruidelingh, 2 Tristan van der Westhuizen, 1 Armant Botha.

Eldoraigne: 15 Divan van Rooyen, 14 Tristan Lee, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Manie Buitendagh, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 SW Liebenberg, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.