SuperSport Schools Plus

Nuwe Volkies kan Buffels tem in Heidelberg

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-15 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Heidelberg Volkskool op Facebook.

Daar vind hierdie naweek slegs twee kragmetings plaas in die SDC Noordvaal Cup se hoogs mededingende Skild-afdeling.

Volg al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Hoërskool Ben Vorster onderneem die lang tog van Tzaneen na Heidelberg waar hy teen ‘n oënskynlik vuurwarm, “nuwe” Heidelberg Volkskool te staan sal kom.

‘n Sege kan wie ook al wen stewig in die saal plaas na die eerste twee rondes van die reeks.

Die Volkies het ‘n week vantevore vir die nuweling van die afdeling, Hoërskool Piet Retief, behoorlik met 57-15 welkom geheet.

Old School

Hoofafrigter, Louwtjie Dalhouzie, het vir dié wedstryd ‘n aantal taktiese skuiwe aangebring en, aangesien hy daardie beginspan behou vir hierdie week, lyk dit of hy uiteindelik sy ideale span gevestig het.

Die Buffels se fisieke stryd teen Hoërskool Die Anker, waar hulle hard moes werk vir ‘n sege van 26-12, het duidelik sy tol geëis. Dit het die afrigtingspan, gelei deur Frikkie Spangenberg, genoop om ‘n verandering aan te bring, met Gerhardt Ryan wat vir Kobus de Beer, wat ‘n kopbesering opgedoen het, as oopkantflank vervang.

Die Buffels is voorbereid op wat beloof om nogmaals ‘n klipharde stryd in die loopgrawe voorlangs af te gee. Die Volkies se ervare vaskopstut, Dean Last, se tweestryd met die ewe ervare loskop, Thabang Nkuna, kan in sowel die skrums as vastelos vir vuurwerke sorg.

Hoërskool Piet Retief se paadjie raak nie makliker nie. Hoewel hulle binne die grense van Mpumalanga bly, kom hulle nietemin teen ‘n omgekrapte Hoërskool Secunda, in Secunda, te staan .

Die tuisspan, wat ietwat ongemerk te werk gegaan het vroeër vanjaar, het sy wedloop danksy agsteman en kaptein, Franko Rossouw, en senter, Amrand Underhay, met ‘n sege oor Hoërskool Hugenote van Springs afgeskop, en dié duo behoort hierdie naweek weer sleutelfigure vir Secunda te wees.

Die Pieties se keurders het genoeg vertroue in hul span gehad om dit onveranderd te laat. Dit is waarskynlik wys met die oog op momentum bou, vernaam as nuweling in die afdeling.

Die span van Piet Retief het reeds vanjaar aangedui dat hy enige opponent met sy giftige agterlyn kan seermaak, en sal juis daarom vir heelagter, Buhle Ngubane, sou gou as moontlik wil in spel bring om die verdediging aan te vat met sy gevaarlike dartellopies.

Die spanne: 

Heidelberg Volkskool t. Ben Vorster om 13:30 in Heidelberg:

Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Theuns van der Merwe, 13 Tristan Munro, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Pieter Greyling, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Werner Grobler, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Miguel Makubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gegan Hendriks, 11 Freddie Pinto, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Lesedi Motseke, 6 Gerhardt Ryan, 5 Lourens Harmse, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

Hoërskool Secunda t. Hoërskool Piet Retief in Secunda: 

Secunda: 15 Dillon Grundeling, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Alberto Volschenk, 10 Alonzo Blackenberg, 9 JD van Coller, 8 Franko Rossouw, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlangawe, 5 Renier Combrink, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Reinhardt Fourie, 1 Rico Schoeman.

Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.