Naweek van nuweling-aksie in Noordvaal Bowl
Daar wag hope opwinding hierdie naweek wanneer die nuwelinge in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling Saterdag swaarde kruis.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).
Hoërskool Randburg het ‘n appeltjie te skil met Potchefstroom Gimnasium, wanneer die twee spanne in Potchefstroom sake uitspook.
Die vorige keer toe hulle slaags was, was tydens verlede jaar se Noordvaal Afdeling 2-uitspeelrondes, met Gimmies wat naelskraaps met 14-11 die pyp gerook het.
Die tuisspan se heelagter, Francois Groenewald, is uiters gevaarlik wanneer hy die geringste spasie gegun word en sal die Gimmie-verdedigers deurgaans op hul tone hou. Buitesenter, Quinten Fillies, is ewe effektief met die bal in hand en kan, met sy vaart en visie, teenstanders met gemak klop in die middeveld.
Die Gimmies se regtervleuel, Toks Becker, is, nes Groenewald en Fillies, ook ‘n dodelike aanvaller, en hy sou hope selfvertroue geput het uit Gimmies se reuse oorwinning van 58-29 oor Dr. Malan. Voorlangs behoort haker, Jaco Nel, en agtsteman, Elrich Bosh, weer ‘n barshou te speel in die los en vaste los.
Hoërskool Piet Retief geniet vir die tweede agtereenvolgende week tuisveldvoordeel wanneer hulle vir Hoërskool Wagpos, van Brits, op die Jack Botes-stadion welkom heet. Die span van Mpumalanga het hul veldtog op ‘n positiewe noot afgeskop deur vir Eldoraigne se Drake naelskraaps met een punt te troef.
Afrigter, Pieter de Waal, moes weens beserings egter noodgedwonge ‘n rits veranderinge aanbring. Aphiwe Khumalo skuif van buite na binnesenter, met Langelihle Ntuli wat sy plek op buitesenter inneem. Siphosethu Sibisi dra die nr. 15-trui, met Carwin Caircross wat hom op regtervleuel vervang.
Die besoekers sal heelwat staatmaak op die voorry, bestaande uit Marcelle Gruindeling, Eben Blom en Armant Botha, om ‘n oorhand in die vaste fasette te bewerkstellig, terwyl oopkantflank, Stefan du Plessis, daarop uit sal wees om by die afbreekpunte die tuisspan se gevaarlike agterlyn van goeie balbesit te ontneem.
Die spanne:
Hoërskool Randburg t. Potchefstroom Gimnasium om 13:20 in Randburg
Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Dee-Jay van der Merwe, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Jayden Todd, 9 Hendri Oosthuizen, 8 Curwin Hill, 7 Jean Venter, 6 Ruben Botha, 5 Tristen Nel, 4 Herman Goosen, 3 Willie Lindeque, 2 Diedelof Fourie, 1 Duncan Beaven.
Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jean Groenewald, 11 David Ndala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Wian Botha, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Juandre Barends.
Hoërskool Piet Retief t. Wagpos in Piet Retief
Piet Retief: 15 Siphosethu Sibisi, 14 Carwin Caircross, 13 Langelihle Ntuli, 12 Aphiwe Khumalo, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Olwethu Tshabalala, 9 Musa Ncube, 8 Christiaan Pienaar, 7 SJ van Barneveld, 6 Melo Xulu, 5 Jaco Klopper, 4 Jandre van Deventer, 3 Louis Grobler, 2 Mario de Olivera, 1 Sfundo Mayisa.
Wagpos: 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Tiaan van der Merwe, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Dylan Lautenbach, 6 Stefan du Plessis, 5 Du Toit van Deventer, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruindelingh, 2 Eben Blom, 1 Armant Botha.
Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Alberton om 12:50 in Tzaneen
Merensky: 15 Jens Bezuidenhout, 14 Andreas Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Maritz Meintjies, 11 Heinrich Lubbe, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.
Alberton (moontlik): 15 Carlos Madjiet, 14 Nathen Reicherdt, 13 Sipho Sibanyoni, 12 Ewan Muller, 11 Jayden Mostert, 10 Dewald de Jager, 9 Thando Baloi, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Joubert, 6 Amogelang Tokwe, 5 Herman du Preez, 4 Kay C Nel, 3 Xander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw.
Eldoraigne t. Dr. Malan om 13:00 in Centurion:
Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Hendru Vermeulen, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 SW Liebenberg, 7 Justin Meintjies, 6 Rikus Rheeder, 5 Zander Engels, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.
Dr. Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Willem Taylor, 12 Dillon Gouws, 11 Dewald Erasmus, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Anthony Botes, 6 JT Swart, 5 Liam Giacomozzi, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouché.