SuperSport Schools Plus

Luané Smith voel niks wat regtig die moeite werd is kom maklik nie

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2023-07-28 Tags:

Luané Smith van Hoërskool Waterkloof is gekies om deel te wees van die span wat vir Suid Afrika gaan verteenwoordig in die Statebond Jeugspele. Ons het met haar gesels om haar beter te leer ken.

Smith speel netbal al vandat sy 5 jaar oud is. Sy het ‘n passie vir netbal. ”Ek sal eerder internasionale wedstryde kyk as ander YouTube video’s en natuurlik is netbal lekker.’’

Wanneer sy na die internasionale spelers kyk en sien wat hulle kan doen motiveer dit haar om ook sulke vaardighede te verbeter.

Luané sal na skool graag aanhou met netbal maar sy gaan ook onderwys studeer

Haar raad vir jonger meisies is dat ‘’niks wat regtig die moeite werd is maklik kom nie – jy moet aanhou werk daarvoor en nooit vergeet waar jou talente vandaan kom nie.’’

Smith se roetine voor ‘n wedstryd is haar eie snit lys waarna sy luister terwyl sy ook bid.

‘n Interessante feit oor Luané is dat dit vir haar ‘n moeilike keuse sal wees om te kies tussen ‘n goeie koppie koffie en netbal.

Die Statebond Jeugspele vind plaas van 4 tot 11 Augustus in Trinidad en Tobago.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.