Kazambo en kie ruk op na Pretoria


Wie kon ooit voorspel het dat Hoërskool Transvalia na sy eerste twee wedstryde, as nuweling in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, steeds onoorwonne sou wees?
Volg al die Beker aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die span van Vanderbijlpark het inderdaad reeds sy stem dik gemaak deur vir Hoërskool Rustenburg (20-13) en Hoërskool Dr EG Jansen (39-26) te verslaan in vanjaar se reeks. Dit is hierdie week egter die eerste keer dat Valia moet reis vir ‘n wegwedstryd, wanneer hulle vir Die Hoërskool Menlopark Saterdagmiddag in die Jakarandastad aandurf.
Die besoekers pak die tog na Pretoria aan met ‘n onveranderde span, met die kookwaterflanke, Daniel Kazambo en Juan Bischoff, weer aan die spits. Kazambo is onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Valke se Cravenweekspan ingesluit.
Die Parkies se span keer terug na normaal, ná die ontwrigting van die vorige week, met Andru Keun wat weer sy plek op losskakel en as kaptein inneem. Keun het die stryd teen Hoërskool Garsfontein misgeloop weens siekte, maar betyds herstel om Saterdag weer die span aan te voer.
Die gevaarlike Leskin Samuels skuif van vleuel terug na sy gunstelingposisie op buitsenter, waar hy en sy Cravenweek-sentermaat, Dylan Stumke, ‘n groot bedreiging bied vir Valia in die middeveld.
Hoërskool Noordheuwel reis na Boksburg met slegs een verandering aan die span wat verlede week met Hoërskool Monument afgereken het, om met Hoërskool Dr EG Jansen swaarde te kruis. Skrumskakel, Gideon Diedericks, ondervind las van ‘n ligte dyspierbesering en neem ‘n blaaskans, hoewel die Nories nog nie ‘n plaasvervanger vir hom aangewys het nie.
Die verdedigende kampioen, Hoërskool Garsfontein, gaan self gebuk onder beserings, terwyl provinsiale verpligtinge die afrigtingspan se taak ook nie vergemaklik nie. As kampioen sal die Bere nietemin hul diepte Saterdag op Berepark teen Hoërskool Nelspruit wil tentoonstel.
Die Rhinos lek nog hul wonde na ‘n nederlaag van 31-38 teen Hoërskool Rustenburg in die vorige ronde, maar sal onder leiding van agsteman, Vaughn van Zyl, vasberade wees om terug te keer na die wenpad.
Die spanne:
Menlopark t. Transvalia om 12:30 in Pretoria:
Menlopark (moontlik): 15 Reinhardt Hebrst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Scäffner, 8 JN van Wyk, 7 Tiaan Boshoff, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Xander Roets, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.
Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.
Hoërskool Dr EG Jansen t. Noordheuwel om 12:25 in Boksburg:
EG Jansen: 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.
Noordheuwel (moontlik): 15 Jeandré Uithaler, 14 Aidan Bester, 13 Tristan Helmund, 12 Kieran Reid, 11 Jayden Steyn, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.
Garsfontein t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Pretoria:
Garsfontein (moontlik): 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Derrick Kuhn, 9 Dian van Aswegen, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Morné Coetzer, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.
Nelspruit: 15 Jordan Pretorius, 14 Kamo Monkwe, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandré van Wyk, 5 Werno Heyns, 4 André Smit, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.
- Free State finish with a flourish - 2025-07-11
- Viljoen fires Lions to third straight title - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Academy Week – Day 3 - 2025-07-11