SuperSport Schools Plus

Jubilee-liga sorg vir naelbyt-aksie

By Shane Labuschagne , in Netball | News , at 2025-05-27 Tags: , , , , , ,

Old School

Met die Jubilee-liga wat vinnig einde se kant toe staan, het die afgelope week ‘n paar spanningsbelaaide kragmetings opgelewer, met bitter min wat die spanne geskei het.

Waterkloof het puik vertoon om met 36–24 oor Eldoraigne te seëvier. Die Klofies het doeltreffend gekombineer met vinnige voere en kwaai druk toegepas op die verdediging, wat Eldoraigne min ruimte gebied het om momentum te bou.

In een van die naelbytkragmetings van die week het Montana daarin geslaag om Garsfontein met 32–30 te troef. Dit was ’n titaniese stryd met elke doel wat getel het, maar Montana se deursettingsvermoë het in die doodsnikke die deurslag gegee.

Garsfontein het vergoed vir dié naelskraapse nederlaag deur vir Menlopark op ewe spannende wyse met 38–34 te verslaan. Die kombinasie van Karen Roothman (AV) en Dane Boshoff (S) op die aanval was uiters gevaarlik, met presiese voere en dinamiese beweging. Anke Janse van Rensburg (D) het met haar akkuraatheid op doel uitgeblink, terwyl Isabella le Roux (V) rotsvas was op die verdediging en in kritieke stadiums balle omgekeer het.

Uitslae:

Waterkloof 36, Eldoraigne 24
Garsfontein 38, Menlopark 34
Montana 32, Garsfontein 30

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.