SuperSport Schools Plus

Jim Fouché looi Witteberg met 31 doele

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-03-12 Tags: ,

Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

Hoërskool Jim Fouché (JF) het Dinsdagmiddag tuis hul oorheersing oor Hoërskool Witteberg met ‘n indrukwekkende oorwinning van 50-19 voortgesit.

Jim Fouché het van die eerste fluitjie af die toon aangegee om ‘n vroeë voorsprong van 12-5 in die eerste kwart op te bou.

In die tweede kwart het JF hul voorsprong verder vergroot na 25-9, en in die proses uitsonderlike spanwerk en koördinasie aan beide kante van die baan getoon.

JF het nie alleen met hul aanvallende doeltreffendheid vir Witteberg laat wankel nie, maar ook uitmuntende verdedigingsvernuf tentoongestel.

Die Bloemfonteinse span het beheer behou in die derde kwart om hul voorsprong na 34-14 te laat rek, maar dit was egter in die vierde kwart dat JF werklik losgetrek het

Hulle het afgesluit met ‘n uitstaande spel wat die toeskouers in vervoering gehad het, en met ‘n indrukwekkende vertoning van aanvallende vuurkrag 16 verdere doele geskiet om Witteberg oortuigend met 31 doele te verslaan.

 

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.