Groot uitdaging wag op Transvalia
Indien die eerste rugbyspan van die Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark vanjaar daarin slaag om sy titel as kampioen van die Beeldtrofee vir Groot skole suksesvol te verdedig sal dit ’n merkwaardige prestasie wees. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van die reeks.
Die span het gister in Pretoria vir Hoërskool Tuine met 30-22 verslaan om tot die eindstryd deur te dring. Transvalia sal na Klerksdorp vir die eindstryd reis waar Hoërskool Klerksdorp op hulle wag.
Die span van Vanderbijlpark het met lemoentyd 15-10 voorgeloop, maar Tuine was met ongeveer sewe minute oor in die kragmeting met die telling op 22-20 stewig oppad om hulle plek in die eindstryd te bespreek. Transvalia se losskakel, Wernich Human, het met ’n strafdoel met nog ses minute oor in die kragmeting geslaag om aan sy span ’n skrale voorsprong van 23-22 te gee.
Transvalia moes boonop vir Volksrust (28-22) en Hoërskool Pietersburg (29-18) weg van die huis in onderskeidelik die uitspeelwedstryd en kwarteindstryd klop.
Klerksdorp was in ’n modderbad met 8-0 oor Hoërskool Standerton baas. Die wenspan se agttal verdien die lof vir die sege. Dit is die tweede klipharde kragmeting wat Klerksdorp deurgetrek het, nadat die span ook in die kwarteindstryd vir Oos-Moot (6-3) uitoorlê het.
) Die span van Hoërskool Vryburg stoom nog voort in die Beeldtrofee en het tot die eindstryd vir die afdeling vir Mediumskole met ’n klinkende sege van 33-13 oor Brandwag van Benoni deurgedring.
Die span se losskakel, BF van Staden, het in die sterk wind ’n sleutelrol vir sy span vertolk.
Vryburg het in die eerste helfte met ’n sterk wind van agter gespeel en Brandwag kon nie hulle kanse saam met die wind in die tweede helfte genoegsaam benut nie.
Hans Strijdom het op sy tuisveld vir Wesvalia van Klerksdorp met 28-17 die loef afgesteek.
) Koster se regtervleuel, AJ Lidderd, was met ’n driekuns aan drieë aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 48-10 oor Morgenzon Landbou in die halfeindstryd vir Klein skole.
Die wenspan se heelagter, Morné Aarts, het self twee keer die doellyn oorgesteek en met vier doelskoppe geslaag.
Schweizer-Reneke het op sy tuisveld vir Hoërskool Heilbron naelskraaps met 24-21 getroef. Die eindstryd sal ook op Schweizer-Reneke beslis word.
) In die nuwe afdeling vir Middelskole sal Belvedere en Alberton High in die eerste eindstryd van die afdeling sake uitspook.
Uitslae
) MAKROSKOLE
Garsfontein 32 (19): Drieë: Herman Britz, Henk Esterhuizen, Ruan Ackermann, Shakeel Fredericks. Doelskoppe: JP Wegner (3). Strafdoele: Wegner (2). EG Jansen 29 (5): Drieë: Quinton van der Schyff (2), Erich Cronjé, Martin van Wyk, Marco Niemandt. Doelskoppe: Forrest Roos (2).
Hoërskool Nelspruit 24: Drieë: Renoux de Beer, Wynand Visser, Wiehan Steyn. Strafdoele: Wessel Muller (3). Monument 19: Drieë: Ashley Carr, Juan Lemmer, Justin Brandon. Doelskoppe: Wikus van Biljon (2).
o.16: EG Jansen 14, Menlopark 7; Monnas 53, Garsfontein 17. o.15: EG Jansen 19, Menlopark 12; Monnas 10, HTS Middelburg 5. o.14: Garsfontein 17, Menlopark 14; Monnas 29, Nelspruit 0.
) GROOTSKOLE
Transvalia 30 (15): Drieë: Stephan Mouton, Gert Mulder, Delmond Venske, Shaun Ritter. Doelskoppe: Wernich Human (2). Strafdoele: Human (2). Hoërskool Tuine 22 (10): Drieë: Chrismar Ras, Jeanré Rossouw, Lian Claassen. Doelskop: Eugene Marais.
Hoërskool Klerksdorp 8 (5): Drie: Brandon Nel. Strafdoel: Eric Hough. Standerton 0.
o.16: Pietersburg 9, Helpmekaar 5; Ben Vorster 41, Potch Volkies 27. o.15: Lichtenburg 18, Transvalia 10; Helpmekaar 41, Ben Vorster 3. o.14: Frikkie Meyer 20, Helpmekaar 19; Ben Vorster 20, Randburg 12.
) MEDIUMSKOLE
Vryburg 33: Drieë: Johan Meyer, Joe van Huysteen, BF van Staden, Rico Markram. Doelskoppe: Van Staden (2). Strafdoele: Van Staden (3). Brandwag (Benoni) 13: Drieë: Martin Kleynhans, Nicolaas de Beer. Strafdoel: Corné van der Linde.
Hans Strijdom 28: Drieë: Pierre Janse van Vuuren (2), Armand Combrinck. Doelskoppe: Conrad Engelbrecht (2). Strafdoele: Engelbrecht (2). Skepdoel: Engelbrecht. Wesvalia 17: Drie: Henco Louw. Strafdoele: Tobie du Preez (4).
o.16: Ellisras 32, Bekker 5 ; Vryburg 20, Ben Viljoen 10. o.15: Ben Viljoen 7, Midstream College 7; Wesvalia 8, Overvaal 3. o.14: Ellisras 18, Midstream College 13; Wesvalia 14, Ben Viljoen 8.
) KLEINSKOLE
Koster 48: Drieë: AJ Lidderd (3), Morné Aarts (2), Dolf Burger, Claude Fouché, Neville Holmes. Doelskoppe: Aarts (4). Morgenzon Landbou 10.
Schweizer-Reneke 24: Drieë: Hanro Smit (2), Jano Smith. Doelskoppe: Freddie Botha (3). Strafdoel: Botha. Heilbron 21: Drieë: Danie van Stryp, John D Muller, Ivan Schutte. Doelskoppe: Martin Mouton (3).
o.16: Curro Heuwelkruin 18, Zeerust 10
o.15: Curro Heuwelkruin 27, Zeerust 8
) MIDDELSKOLE
Eerste spanne: Belvedere 25, Cullinan 12; Alberton High 14, Parys 5. o.16: Roodepoort 34, Parys 0; Bergvlam 41, Queens 21. o.15: Queens 19, Voortrekker 7; Alberton High 13, Lowveld High 0.
o.14: Kriel 15, Allenglen 10; Bergvlam 15, Queens 0.