Groot kwarteindaksie in Fochville
Die skote gaan klap in Fochville hierdie naweek.
Die NWU 16 Sportreeks staan einde se kant toe met die spanne wat Saterdag, in Fochville, in dié reeks se kwarteindstryde slaags raak.
Die hoofwedstryd van die dag, om 14:45, tussen Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Vryburg, beloof om ‘n fees van hardlooprugby op te lewer.
Die span van Groblersdal se selfvertroue sou die hoogte ingeskiet het, nadat hulle verlede naweek, in hul eerste Limpopo-ligawedstryd, met 53-19 koning gekraai het teen Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit .
Ben Viljoen het nog slegs eenkeer vanjaar, teen Hoërskool Riebeeckrand (31-38), die knie moes buig.
Hul afrigter, Abrie de Jager, het egter ‘n paar interessante veranderinge vir die naweek se wedstryd aangebring. Die puntemasjien, Mignon Stevens, wat gewoontlik op heelagter verskyn, sal hierdie week die Vryburgers op losskakel terroriseer, terwyl skrumskakel, Joe Cloete, na linkervleuel toe skuif met Anverio Adonis wat losskakel vir skrumskakel verruil.
Die span van Vryburg het self ‘n string veranderinge aangebring. Skrumskakel, Janco Venter, is buite aksie weens ‘n besering, met Rikus Nieuwoudt wat hom vervang, terwyl Cobus van der Berg die staatmaker-oopkantflank, Dirk Visser, se plek langs die skrum inneem. Visser is steeds deel van die planne en sal op haker, in die plek van Jordan Haynes, diens verrig. Van der Berg het vroeër die seisoen loskopstut gespeel.
Die Vryburgers se klipharde Petrie Weideman skuif van slot na die voorry om Van der Berg op losskop te vervang, met Juan Smit wat geleentheid kry op slot.
Die voorwestryd, tussen gashere, Hoërskool Fochville en Hoërskool Hans Strijdom, behoort ook heelwat opwinding te verskaf. Die Fochies se losskakel, Petri Schutte, het ‘n kritieke rol om te vervul, indien die tuisspan hoop om die Hansies te tem.
Dit behoort ook verblydend te wees dat die senterpaar, Marchand de Villiers en Junior Naude, weer herenig is. De Villiers het die Fochville breiers die skrik op die lyf gejaag met ‘n besering wat hy tydens die Mauritz Hansen-week opgedoen het.
Hoërskool Schoonspruit is slaggereed om Leeuwenhof Akademie die stryd aan te sê, met die span van Klerksdorp se losskakel, Bevan Morkel, wat met sy visie vir spasie die span van Johannesburg se verdedigers aan die raai sal hou.
Hoërskool Riebeeckrand is oorgehaal om nog ‘n groot vis in te katrol wanneer hulle teen Hoërskool Wolmaransstad te staan kom. Die Johannesburgers sal egter die span van Wolmaransstad se puntemasjien op losskakel, Chritopher Dennis, moet aan bande lê indien hulle hoop om die Wollies te stuit.
Die spanne:
Hoërskool Ben Viljoen t. Hoërskool Vryburg om 14:45 in Fochville
Ben Viljoen: 15 Dylan Nieuwenhuys, 14 MJ de Beer, 13 Clemintino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Joe Cloete, 10 Mignon Stevens, 9 Anvernio Adonis, 8 Asheeq Bradford, 7 Tiaan Scheepers, 6 Janik Brits, 5 Jaco Botha, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Niemann, 1 Leuco Robinson.
Vryburg: 15 Christopher Issacs, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Jayden Starke, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Cobus van der Berg, 5 Juan Smit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Dirk Visser, 1 Petrie Weideman.
Hoërskool Fochville t. Hoërskool Hans Strijdom om 13:15 in Fochville
Fochville: 15 Athi Nqgele, 14 Braden Pretorius, 13 Junior Naude, 12 Marchand de Villiers, 11 Tonny Sebola, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Xander Lottering, 5 AJ Scheepers, 4 Martin Kriel, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Jason Labuschagne.
Hans Strijdom: 15 Keano van der Walt, 14 Rodney van Deventer, 13 Mpiri Gadebe, 12 Hendriko van der Kolf, 11 Tebogo Mapologelo, 10 MW de Jager, 9 Lewarlt Ferreira, 8 Janneman Benson, 7 Marcus van der Walt, 6 Hannes Viviers, 5 Juan van Staden, 4 Ewandre Jonker, 3 Alwyn Geyser, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Marnus Ruytenberg.
Hoërskool Schoonspruit t. Leeuwenhof Akademie om 10:45 in Fochville
Schoonspruit: 15 Hano Stander, 14 Henry Enslin, 13 Ruan Britz, 12 Duan Kruger, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Vuyo Khumalo, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanich van Antwerp, 6 Elmo Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 George Badenhorst, 2 CJ Everet, 1 Gerhard van der Merwe.
Leeuwenhof: TBC
Hoërskool Riebeeckrand t. Hoërskool Wolmaransstad om 10:15 in Fochville
Riebeeckrand: 15 Junaid Fortuin, 14 Cayleb Hadebe, 13 Eshihle Sibisi, 12 Peet de Bruin, 11 Mika Seatle, 10 Zac Smit, 9 Freddy Parrott, 8 Jeandre Fourie, 7 Kobus Malan, 6 Xander Waray, 5 Terry Billa, 4 Dylan Jacobs, 3 Hardus Carew, 2 Zander Viljoen, 1 Reinhard Eloff.
Wolmaransstad: 15 Handro Conradie, 14 Gisto Mabitso, 13 Johan Erasmus, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thlalefo Thobedi, 7 Abrie Oosthuizen, 6 Tumelo Senkwane, 5 Dian Smit, 4 Attie Becker, 3 Zak Knoetze, 2 Johan Steenkamp, 1 Jevano Hector.