Geen keer aan JF se eerste netbalspan

Jim Fouché het Dinsdag vir Eunice High School, in laasgenoemde se se eerste ligawedstryd van die jaar, met 39-26 getroef.
JF spog nou reeds met twee oorwinnings, nadat hulle in hul eerste ligawedstryd vir Fichardtpark met 26 doele geklop het.
In hul onlangse kragmeting met Eunice het JF in die eerste kwart met slegs drie doele voorgeloop, maar hul voorsprong in die tweede kwart vergroot deur 10 doele teen Eunice se sewe aan te teken en so die rustydtelling op 19-13 te staan te bring.
Jim Fouché het in die derde kwart die gaping verder vergroot met ‘n telling van 29-19, en het uiteindelik té sterk vir Eunice geëindig om met 13 doele te seëvier.
Ansune Humphries het uitgeblink het as beide verdediger en hulpverdediger, terwyl Elri Pieters ook ‘n belangrike bydrae gelewer het as hulpdoel.