SuperSport Schools Plus

DStv Challenge: Menlopark ryg die titels in

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-07-12 Tags: ,

Menlopark het ‘n bedrywige seisoen agter die rug, waartydens hulle die Paarl Gimnasium Netbalfees, NWU-reeks en Irene Seymore-toernooi gewen het. Hulle het ook tweede geëindig in die Gauteng-uitspele en derde by die Wildeklawer-toernooi.

Minette Boshoff, die span se kaptein, spog met 100 wedstryde en is nou eers in graad 11, terwyl Lente Kroukamp die SA o.17-span verteenwoordig het.

Met soveel titels op hul kerfstok, word daar hoë verwagtinge gekoester vir Menlo hierdie naweek by die DStv Schools Netball Challenge. Hulle doelwit is natuurlik om op die podium te eindig.

Menlo voel nietemin dat die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), Paarl Gimnasium en Meisieskool Oranje altyd die hardste en moeilikste opposisie bied.

Die eerste span: Amy van Staden (aanvallende vleuel), Marisa van den Berg (verdedigende vleuel), Minette Boshoff (senter), Cellonika van den Berg (hulpdoelverdediger), Lente Kroukamp (hulpdoel), Lua Neeb (hulpdoelverdediger), Gabby Smith (doel), Lisa van Vuuren (verdediger), Ghitte Wiid (verdediger).

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.