SuperSport Schools Plus

Drieëfees in die Sandveld

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-23 Tags: , , , ,

FOTO: Kathrine Roux

Die plattelanders het Saterdag nogmaals spogrugby opgedis in die Sandveld, met ‘n paar kragmetings wat ‘n fees van drieë opgelewer het.

Hoërskool Bultfontein het hul stempel afgedruk teen Hoërskool Riebeeckstad met ‘n indrukwekkende wegsege van 24-10.

Gideon Labuschagne het al drie sy span se drieë verdoel en self agter die pale gaan draai om 11 punte by te dra. Hendri Roux en AC Greyling het albei ook gedruk vir die besoekers.

Riebeeckstad het nietemin verbete teruggeveg, en kon deur agsteman, Chad Dreyer, en die plaasvervanger, Zwelake Nomandla, bresse in Bultfontein se verdediging slaan.

Die res van die naweek se kragmetings was meer eensydig, maar het ewe veel aksie opgelewer.

Losskakel, Wian Muller, en heelagter, Marnus Swart, het die veld aan die brand gespeel vir Wilgerivier en was beloon met twee drieë elk in hul sege van 40-12 oor Hoërskool Bothaville.

Wessel Maree het met 33-8 teen HTS Welkom geseëvier danksy binnesenter, Kabelo Oliphant, en linkervleuel, Thando Singama, wat elk ook ‘n tweekuns behaal het, terwyl Hoopstad se ster-senter, Hennie Barnard dieselfde vermag het in sy span se oorwinning van 36-8 oor Henneman.

Puntemakers:

Bultfontein 24 – Drieë: Gideon Labuschagne, Henri Roux, AC Greyling. Doelskoppe: Labuschagne (3). Strafdoel: Bastian van Zyl. Riebeeckstad 10 – Drieë: Chad Dryer, Zwelake Nomandla.

Wilgerivier 40 – Drieë: Wian Muller (2), Marnus Swart (2), Tlhompo Motsapi, Driaan Engelbrecht. Doelskoppe: Muller (5). Bothaville 12.

Wessel Maree 33 – Drieë: Kabelo Oliphant (2), Thando Singama (2), Junior Moroke, Kagiso Plaatjie. Doelskoppe: Moroke (3). HTS Welkom 8.

Hoopstad 36 – Drieë: Hennie Barnard (2), Busi Mfebe, AP Meyer, Christo van Rooyen, Marko Wolfaard. Doelskoppe: Mfebe (3). Henneman 8.

Ander tellings:

Sandveld B-liga: Winburg 42, Theunissen 0; St Anne’s Technical 36, Hoërskool Sandveld 5; Salomon Senekal 12, Welkom High 10.

o. 19 – Wilgerivier II 54, Bothaville 0; Riebeeckstad II 38, Bultfontein II 0

o. 16 – Wilgerivier 31, Bothaville 5; Wessel Maree 20, HTS Welkom 7; Hoopstad 64, Henneman 0; Bultfontein 25, Riebeeckstad 24

o. 15 – Wilgerivier 31, Bothaville 14; Wessel Maree 33, HTS Welkom 7; Hoopstad 31, Henneman 5; Bultfontein 21, Riebeeckstad 12

‘n Oomblik van stilte vir die Hoërskool Riebeeckstad bus-tragedie voor die wedstryd. | FOTO: Kathrine Roux
Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.