SuperSport Schools Plus

Chillies reg vir klipharde stryd teen Diamonds

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-04-11 Tags: ,

Hoërskool Duineveld

Dit is hierdie naweek die Chillies, oftewel Hoërskool Duineveld, en Hoërskool Diamantveld se beurt om mekaar die stryd aan te sê.

Met dié netbalstryd, geskeduleer vir 11:20 op Duineveld se bane, is die Chillies oorgehaal om hul titel, as beste span in die Noord-Kaap vir 2023, te verdedig.

Hoofafrigter, Madri Steyn, beklemtoon die belangrikheid van spanwerk om sukses op die baan te behaal en die Chillies is voorbereid op ‘n klipharde, kompeterende wedstryd.

Hoërskool Duineveld: Abriëlle de Witt, Clarise Barnard, Carmi Liebenberg (k), Carla Kuhn, Tersian Oberholzer, Zandri Brink, Zanelle Brink. Reserwes: Jeanne Coetser, Yolanda de Kock, Stephanie Kruger

Hoërskool Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Valmari Faber, Carmen Louw, Lara van Niekerk, Klarissa Taljaard, Brithe Honiball, Zandri Starke, Timney Greyling.

 

 

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.