SuperSport Schools Plus

Bowl se bestes reg om Centurion op horings te neem


FOTO: Eldoraigne Facebook-blad

Dis een teen twee in die agste ronde van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling.

Beleef al die Bowl-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Huidiglik die twee beste spanne in vanjaar se Bowl-afdeling, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Eldoraigne, meet uiteindelik Saterdag kragte op die Drake se tuisveld in Centurion.

Albei spanne het in hul laaste wedstryde wegholseges met 80 punte en uitmuntende hardlooprugby behaal.

Die Drake het intussen ook ‘n loslootjie gehad, wat heelwat van hul beseerde spelers geleentheid gebied het om te herstel.

Vuurvreter-agtsteman, Jayden Niehaus, keer terug nadat hy die reuse oorwinning oor Hoërskool Wagpos van die kantlyn moes aanskou, terwyl staatmaker, JP Meyer, die groenlig gekry het om weer te speel nadat hy die veld in Brits weens ‘n hou teen die kop moes verlaat. Meyer keer egter terug op heelagter in plek van Divan Michael, wat klaarblyklik vir die res van die seisoen op die krukkelys sal wees, met Elmar Olivier wat Meyer op losskakel vervang.

Die onoorwonne Gimmies het self ‘n paar interessante skuiwe vir die rit na Centurion aangebring, met die vernaamste hiervan Elrich Bosh se skuif van agsteman na binnesenter. Morné van Aswegen beweeg oor van steelkantflank na agsteman, met Wian Botha wat kans kry op flank.

Merensky Lanbou Akademie verwelkom ook vir senters, Jens Bezuidenhout en Maritz Meintjies, terug na beserings. Die Plasies ontvang die onvoorspelbare Hoërskool Piet Retief in die Bulkraal in Tzaneen. Benewens die versterking in die middeveld, maak heelagter, Ashten Demos, en Hardus Terblanche, die Tzaneeners se Cravenweek-agsteman, ook hul terugkeer.

Die besoekers van Mpumalanga se breier, Pieter de Waal, moes noodgedwonge weer veranderinge maak, maar een daarvan kan moeilikheid vir die Plasies beteken. Christiaan Pienaar keer terug na die beginspan, maar wel op binnesenter en nie agsteman nie.

Die span van Piet Retief beskik oor ‘n uitstekende agterlyn, verál wanneer heelagter, Lagelihle Ntuli, aan die gang kom. Hulle moet egter klaarkom sonder die ander gevaarman, Siphosethu Sibisi, wat deur Aphiwe Khumalo op senter vervang word.

Potchefstroom Volkskool reis na Meyerton om Hoërskool Dr. Malan die stryd aan te sê en moet  ligloop ná die Dokkies se puik vertoning teen Merensky. Heelagter en puntemasjien, Luka Pretorius, is uitstekend op dreef en het verlede naweek ‘n skitterende driekuns behaal.

Die Volkies het hul laaste drie uitstappies gewen met Losskakel, Johandre Maree, wat die Volkie-agterlyn deurgaans op die voorvoet kry.

Hoërskool Randburg sal hul keer moet ken wanneer Hoërskool Alberton in Randburg ‘n draai maak. Die Allies het verlede naweek ‘n indrukwekkende sege van 22-19 oor Piet Retief behaal, wat grotendeels te danke was aan binnesenter, Ewan Muller, en heelagter, Jaydon Moster, wat daarop uit sal wees om die Randburgers se verdediging ook te fnuik.

Die spanne: 

Eldoraigne t. Potchefstroom Gimnasium om 12:00 in Centurion

Eldoraigne: 15 JP Meyer, 14 Manie Buitendag, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Hendru van Zyl, 10 Elmar Olivier, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 SW Liebenberg, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

Potchefstroom Gimmies: 15 David Ndala, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Elrich Bosh, 11 Itumeleng Pheto, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Wian Botha, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Piet Retief om in Tzaneen

Merensky: 15 Ashten Demos, 14 Andreas Honiball, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Heinrich Lubbe, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Corne Swanpoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Ruan Marcos, 3 Tirelo Mashapa, 2 JJ Goosen, 1 Ethan Maritz.

Piet Retief: 15 Langelihle Ntuli, 14 Mashilo Kgathla, 13 Aphiwe Khumalo, 12 Christiaan Pienaar, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Thomas Ferreira, 8 Sfundo Mayisa, 7 Melo Xulu, 6 SJ Van Barneveld, 5 Jaco Klopper, 4 Vusi Nhleko, 3 Louis Grobler, 2 Jandre van Deventer, 1 Uwe Meyer.

Dr. Malan t. Potchefstroom Volkskool om 12:20 in Meyerton

Dr. Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Andreas Botha, 12 Dillon Gouws, 11 Khamohelo Legae, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 JJ Bester, 6 JT Swart, 5 Anthoni Botes, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouché.

Potchefstroom Volkies: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Christoff Nel, 11 Lorenzo Louw, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Caden Kruger, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Louis Fourie, 1 Konrad Pretorius.

Hoërskool Randburg t. Hoërskool Alberton in Randburg

Hoërskool Randburg (moontlik): 15 Francois Groenewald, 14 Josh Wigget, 13 Hendre Breedt, 12 Zandre Breedt, 11 Shandre Vermaak, 10 Quintin Fillies, 9 Jayden Todd, 8 Curwin Hill, 7 Herman Goosen, 6 Victor van Blerk, 5 Tristen Nel, 4 Willie Lindeque, 3 Waldo Deysel, 2 Diedelof Fourie, 1 Malan van Heerden.

Hoërskool Alberton: 15 Jaydon Mostert, 14 Siwe Dube, 13 Nathan Reichardt, 12 Ewan Muller, 11 Sipjo Sibonye, 10 Dewald de Jager, 9 Ayanda Madekane, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Matthews, 6 Jason Nel, 5 Herman du Preez, 4 Kay-C Nel, 3 Zander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.