SuperSport Schools Plus

Affies troef Paarl Gim met 14 doele

By Felicia Erasmus , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-04-13 Tags: ,

Die Afrikaanse Hoër Meisiekool (Affies) het die afgelope naweek weer oor Paarl Gimnasium geseëvier, met ‘n telling van 36-22 op hul tuisveld.

Affies het verlede jaar met ‘n telling van 31-25 as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die eerste kwart het die toon aangegee vir ‘n titaniese stryd, met Affies wat met slegs 5-3 voorgeloop het.

Namate die kragmeting in die tweede kwart gevorder het, het Affies hul aanval verskerp om 17 doele te behaal, terwyl Gim dapper bly veg en 11 doele van hul eie aangeteken het.

Affies het in die derde kwart daarin geslaag om die gaping te vergroot na 24-19, maar die span van die Paarl het steeds geweier om handdoek in te gooi en die telbord het die intensiteit van die stryd weerspieël.

Affies het egter die tempo dramaties opgetel om 12 doele gedurende die laaste kwart aan te teken, terwyl Gim slegs vier verdere doele op die telbord kon plaas.

Christie Koekemoer, Affies se verdedigende vleuel, en hulpdoelverdediger en kaptein, Amia Roux, was die wenspan se uitblinkers.

Al die uitslae: 

0.14

A Affies 15-28 PG
B Affies 13-8 PG
C Affies 18-4 PG
D Affies 17-13 PG
E Affies 19-9 PG
F Affies 18-4 PG
G vs E Affies 8-15 PG
H vs F Affies 9-8 PG

0.15

A Affies 15-22 PG
B Affies 8-7 PG
C Affies 13-17 PG
D Affies 17-11 PG
E Affies 23-11 PG
F Affies 13-8 PG

0.16

A Affies 22-25 PG
B. Affies 13-25 PG
C. Affies 19-20 PG
D. Affies 13-26 PG
E. Affies 11-18 PG
F. Affies 21-18 PG

0.17
A Affies 17-18 PG
B. Affies 21- 31 PG

0.18
A Affies 36-22 PG
B Affies 22-8 PG
C Affies 16-14 PG
D Affies 13-22 PG

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.