SuperSport Schools Plus

Affies is gereed om getoets te word by DStv Schools Challenge

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2023-07-20 Tags: ,

Ons het ‘n paar vrae gevra vir Amanda Mynhardt van Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria oor die opkomende naweek se DStv Schools Challenge haar antwoorde was as volg:

  1. Wat is julle verwagtinge vir die toernooi? Ons verwag dat dit ‘n toernooi gaan wees waar ons span op alle vlakke getoets gaan word. Dit is ook ‘n geleentheid waar ons as span kan wys tot wat ons in staat is as ‘n span.
  2. Watter teenstander dink julle gaan die moeilikste wees? Ons respekteer elke teenstander waarteen ons speel. Ons voorspel dat elke opponent in die uitspele op hul beste sal wees want vir elkeen is dit ‘n maak of breek.
  3. Watter spelers van jul span kan dopgehou word? En dalk hoekom? Ek dink ons het 10 goeie spelers en op die dag bring elkeen iets na die baan toe wat ons kan gebruik. So kom ons kyk wat hou die naweek in.
  4. Wie is almal in julle afrigting span en rolle? Myself, afrigter. Karien Furstenburg, span bestuurder. Waldo van Heerden, S&C coach en Prof Peet du Toit, mental skills coach.

Affies het ‘n suksesvolle seisoen agter die rug, hulle het teen EG Jansen 40-10 gewen en teen Garsfontein verloor 26-12.

 

 

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.