SuperSport Schools Plus

Zwarries mik vir 14 seges op ‘n streep

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-06-05 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

Hoërskool Zwartkop kan Saterdagmiddag op sy tuisveld in Centurion teen Hoërskool Wesvalia,  sy onoorwonne segetog van 13 oorwinnings na 14 verleng.

Volg al die Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Die Zwarries beleef tot dusver ‘n droomseisoen en beklee tans, as die enigste onoorwonne span in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling, die boonste posisie op die puntelys.

Saterdag se stryd bied egter straks hul grootste toets tot dusver vanjaar, met die Wessies wat in die Zwarries se nekke blaas in die tweede plek.

Die Vikings se breier, David Gouws, het soos verwag geen onnodige skuiwe aan sy span aangebring nie. Hy moes egter noodgedwonge die voorry skommel, met Christiaan de Vries wat op vaskopstut inskuif om die beseerde AJ Hendriks te vervang. Die Zwarries se staatmaker-haker, Regan Blignaut, is ook steeds buite aksie, met Marko Hersbt wat vir die tweede week in die middel van die voorry sak.

Die Wessies kon ‘n sug van verligting slaak met die terugkeer van haker, Fanie Linde, wat beteken dat die Wessies hul sterkste moontlike span in dié stadium van die seisoen in die veld kan stoot. Ulrigh du Preez kan dus weer in sy gunstelingposisie op loskopstut sak, terwyl Jeandré Snyman agterlangs terugskuif senter toe, met die gevaarlike Fafa Calitz wat weer op linkervleuel inkom.

Hoërskool Middelburg pak die tog na Kempton Park aan waar hy teen ‘n segelose Hoërskool Kempton Park te staan kom. Hoewel die Kempies nog stoei vir ‘n eerste oorwinning in vanjaar se reeks, bly hulle nietemin gevaarlik, vernaam as hulle vir meer as net een helfte hul beste lewer.

Kempies sal hul hande volhê met die gevaarlike Buhle Mphahlaza wat vir Middies op heelagter uitdraf. Mphahlaza, wat tydens losskakel, Matthew Abbey, se afwesigheid vroeër vanjaar in die nr. 10-trui te sien was en die beseerde Katlego Baloyi vervang, beskik oor die nodige ervaring om vir sy span tot ‘n derde sege in vanjaar se afdeling aan te spoor.

Voorts verruil Kefilwe Phamotse die nr. 14-trui vir 11, terwyl Sihle Mkhatswha sy plek op regtervleuel inneem.

Hoërskool Oos-Moot het een verandering aangebring vir sy kragmeting met Ligbron Akademie in Ermelo. Kantman, MC van Tonder, is vir die volgende ses tot agt weke buite aksie met ‘n ernstige kniebesering en Owen Basson vervang hom vir die stryd teen die Liggies.

Die tuisspan hou self nog asem op oor verskeie van sy sleutelspelers wat vandeesweek moontlike beserings in die Pumas se oefenwedstryd teen die Goue Leeus opgedoen het.

‘n Rillerstryd wag op Middelburg wanneer Hoërskool Klerksdorp vir die Hoër Tegniese Skool Middelburg pak.

Die Rooi Bulle, tans in die derde plek, het sopas ‘n naelbytsege van 24-22 oor die Wessies behaal, terwyl die Klerksdorpers vir die Kempies met 37-27 die loef afgesteek het. Die Klerksdorpers se losskakel, Dorian Isaacs, wat 22 van die 37 punte aangeteken het, lewer kookwaterspel en hou ‘n groot bedreiging in vir Tercius Bezuidenhout en sy Rooi Bulle.

Die spanne:

Zwartkop t. Wesvalia om 12:40 in Centurion:

Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Marko Herbst, 1 Matthew Smith.

Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1, Ulrigh du Preez.

Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Middelburg om 12:30 in Kempton Park:

Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Wian Riekert, 13 Rocco Louw, 12 Guillaume Botha, 11 Ethan Botha, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Ruan Mostert, 7 Luca du Plooy, 6 Matthew Vermaak, 5 Piet van den Heever, 4 Juhan Hall, 3 Dihan Keeve, 2 Damian Slabbert, 1 Juan Olivier.

Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Kefilwe Phamotse, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Jane van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Zanempilo Mahlangu, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

Ligbron Akademie t. Oos-Moot om 12:20 in Ermelo:

Ligbron Akademie (moontlik): 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 12 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Franco Groenewald, 6 Johardt Swanepoel, 5 Janco Claassen, 4 Henco Scheepers, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

Oos-Moot: 15 Brian Jacobs, 14 Royston Arendse, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughn, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Owen Basson, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.

HTS Middelburg t. Hoërskool Klerksdorp om 12:40 in Middelburg:

HTS Middelburg (moontlik): 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Nathan Jansen van Vuuren, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Reece Botha, 8 Kayden Wessels, 7 Regard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Janco Aucamp, 4 Ethan Kock, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Marco Symmington, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.