SuperSport Schools Plus

Witwarm Wesgrow-wedywering in die vooruitsig

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-07-19 Tags: , , , , ,

Dit is amper tyd om die wenner van die Wesgrow Sentrale Sportreeks te kroon, en alles dui daarop dat Bethlehem Voortrekker Hoërskool die titel behoort in te palm ná hul onlangse oorwinning oor Sentraal verlede naweek. Met daardie uitslag staan hul onoorwonne segetog tans op ses oorwinnings.

Die kompetisie beloof om hierdie naweek weer witwarm aksie op te lewer, met ses van die agt spanne wat om die kampioenskap meeding.

Hoërskool Jim Fouché (JF) van Bloemfontein kom Saterdag om 11:00 in die koue Bethlehem teen Voortrekker te staan. Intussen gaan Hoërskool Diamantveld (DHS) om 10:00 kop-aan-kop met Hoërskool Witteberg, ook in Bethlehem.

DHS het vroeër vandeesweek teen Hoërskool Sentraal (Tralies) van Bloemfontein gespeel, maar het naelskraaps met 39-41 verloor.

Bloemfontein se Hoërskool Fichardtpark meet om 11:00 in Bloemfontein kragte met Hoërskool Trio van Kroonstad. Fichardtpark het verlede naweek ‘n aansienlike oorwinning behaal deur vir Hoërskool Witteberg met 19-9 te verslaan.

Beide DHS en JF het die afgelope naweek aan die SA Skole-kompetisie deelgeneem, met JF wat 13de geëindig het en DHS 15de.

Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

Voortrekker: Chloe Opperman, Elizbe Heyns, Jazelle Muller, Leane van den Berg, Jasmine Liebenberg, Thato Mohloki, Marile Jonck, Anja van Zyl, Celri Botha, Mianca van Niekerk.

Sentraal: Chené de Villiers, Nicola van der Wath, Elbé van der Merwe, Keevy-Ann Fourie, Marli van der Merwe, Izanne van Aswegen, Ceinwin Lindeque, Caitlyn Maddocks en Anri Kachelhoffer.

Fichardtpark: Joanize Herbst, Lana Ronne, Inge Jacobs, Giselle Shehab, Anja Fourie, Rochelle Matthee, Gilden Valentine, Maroné Coetzee, Leilani Gertenbach, Meruscke Mostert.

DHS: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber,  Lara van Niekerk,  Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Stark.

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.