SuperSport Schools Plus

Wit Bulle boelie Paul Roos in skrums, maar verloor die oorlog

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-23 Tags: , , ,

FOTO: Frans Lombard

PRETORIA. – Paul Roos Gimnasium het vir die tweede jaar in ‘n ry Affie-harte gebreek.

Die Maroen-masjien het die Wit Bulle met 30-25 in Saterdag se hoofwedstryd van die Noord/Suid-toernooi hier verslaan. Paul Roos was verlede jaar op die Wildeklawer-toernooi met 31-25 baas.

Dit is die eerste keer sedert 1992 dat Paul Roos twee agtereenvolgende seges oor Affies kon behaal. In 1992 het hul met 8-4 geseëvier, terwyl die vorige kragmeting tussen die twee spanne in 1979 se uitslag ook met 32-12 in die span van Stellenbosch se guns was.

Die laaste keer wat een van die twee skole opeenvolgende seges kon behaal was toe Affies in drie wedstryde op ‘n streep in 2009, 2010 en 2011 Paul Roos se tier was.

Die Wit Bulle se agttal het die besoekers oorheers en veral in die skrums die oorhand gehad. Affies se agterlyn kon egter nie die hoë gehalte balbesit in punte omskep nie. Die tuisspan het gewis genoeg geleenthede gehad om ‘n sege te behaal.

Paul Roos se losskakel, Joshua Dampies, se skopvoet was vir sy span goud werd. Hy het die telbord aan die rol gehou met drie stradoele asook met drie doelskoppe geslaag.

Die binnesenter, Samuel Badenhorst, het nie net waarskynlik dié drie van die dag gedruk nie, maar ook sy direkte teenstander, Janco Purchase, ore aangesit.

Monument van Krugersdorp se wendroogte teen Paarl Gimnasium duur steeds voort. Die span van die Paarl was met 38-21 aan die wenkant. Monnas kon laas in 2009 tydens die Wildeklawer-toernooi die Gimmies (6-5) omdop.

Sy buitesenter, Markus Muller, was uitstaande en het deurgans gapings in Monnas se verdediging gevind. Die wenspan se flank Quintin Potgieter was self ‘n groot doring in die span van Krugersdorp se vlees.

Monnas se slot Jacques Botha het voorlangs die pap dik aangemaak en is goed deur sy kaptein en flank, Jamaal Feldman, ondersteun.

Grey-kollege het vir die eerste keer sedert 1993 teen King Edward VII van Johannesburg te staan gekom. Die span van Bloemfontein het KES met 51-16 met sy tradisionele tempo-rugby kaf gedraf.

Grey se haker, Liam van Wyk, en KES se SA Skole-haker, Siphosethu Mnebelele, was in ‘n hewige tweestryd gewikkel.

Van Wyk het ‘n driekuns aan drieë behaal, terwyl Mnebelele ook met sy spel tydens die kragmeting beïndruk het.

Grey se binnesenter, Pieter van der Merwe, kan vanjaar nie weer uit die SA Skole-span gelaat word indien hy op sy vertoning in die wedstryd voortbou nie. Van der Merwe is sterk op sy bene en word nie sommer gestuit nie.

In Mookgophong sal die gasheer, Hans Strijdom, Maandag teen Hugenote van Springs in die eindstryd van die 30ste Mauritz Hansen-week te staan kom.

Hans Strijdom het sy plek in die eindstryd danksy ‘n sege van 19-7 oor Hoërskool Bellville bespreek. Hugenote het vir Ligbron Akademie van Ermelo met 21-5 verslaan om tot die eindstryd deur te dring.

Al die uitslae:  

NOORD/SUID-TOERNOOI

Dag 2: Paarl Gimnasium 28, Monument 21; Noordheuwel 27, Stellenberg 17; Outeniqua 29, Pretoria Boys’ High 12; Waterkloof 27, Hoërskool Durbanville 19; Menlopark 50, Duineveld 28.

Dag 1: Grey-kollege 51, King Edward VII 16; Hoër Jongenskool Paarl 45, Jeppe 19; Oakdale Landbou 23, Garsfontein 17; EG Jansen 36, Welkom Gimnasium 26; HTS Drostdy 34, Hoërskool Nelspruit 27.

OAKDALE RUGBYWEEK

Dag 2: Bredasdorp 43, Westering 10; Oakdale XV-tal 14, Overberg 3; Hoërskool Upington 22, Vryburg 19; Lichtenburg 19, Strand 18; Kempton Park 23, Swartland 18; Potchefstroom Gimnasium 42, Langenhoven Gimnasium 10; Hoërskool Middelburg 10, Hugenote (Wellington) 7; Oosterlig 18, Hermanus 7; Augsburg Gimnasium 15, Labori 12; Zwartkop 20, Robertson 19; Die Anker 29, Parel Vallei 8; Montagu 29, Wagpos 19; Graaff-Reinet Volkskool 38, Sentraal 0.

Dag 1: Oakdale XV-tal 28, Bredasdorp 12; Hoërskool Pietersburg 18, Sentraal 12; Charlie Hofmeyr 45, Die Anker 12; Brackenfell 34, Kempton Park 27; Potchefstroom Gimnasium 10, Hoërskool Upington 8; Langenhoven Gimnasium 48, Wagpos 12; Graaff-Reinet 18, Montagu 12; Hugenote (Springs) 31, Zwartkop 17; Strand 14, Hoërskool Middelburg 10; Overberg 12, Augsburg Gimnasium 7; Oosterlig 23, Parel Vallei 21; Westering 24, Labori 20; Merensky 50, Hermanus 12; Vryburg 31, Robertson 21; Swartland 20, Lichtenburg 19.

HANSIE-WEEK

Dag 2: Hugenote (Springs)21, Ligbron Akademie 5; Hans Strijdom 19, Hoërskool Bellville 7; Kalahari 5, Brits 0; Empangeni 10, Die Anker II 7; Witteberg 13, Northcliff 10; Fochville 15, Frans du Toit 10; Piet Retief 40, Pretoria-Noord 0; Ferrum 20, Linden 10.

Dag 1: Hans Strijdom 12, Northcliff 10; Hoërskool Bellville 19, Piet Retief 13; Brits 28, Empangeni 3; Ligbron Akademie 22, Witteberg 5; Fochville 26, Pretoria-Noord 12; Hugenote (Springs) 38, Linden 0; Frans du Toit 23, Die Anker II 17; Kalahari 17, Ferrum 0.

GLENWOOD RUGBYFEES

Dag 2: Glenwood 11, Wesvalia 9; Frikkie Meyer 19, Hilton College XV-tal 19; Heidelberg Volkskool 19, Melkbosstrand 7; Dinamika 19, Eye of the Tiger 14; Jim Fouché 45, Centurion 3; HTS Middelburg 21, Landboudal 13; Durban High School XV-tal 19, Potchefstroom Volkskool 0.

DANIE ROSSOUW-WEEK

Dag 1: HTS John Vorster 29, Delmas 16; Hans Moore 24, Bergvlam 21; Warmbad 17, HTS Sasolburg 14; Fichardtpark 34, Birchleigh 5; Wonderboom 23, HTS Witbank 19; Midstream College 15, Rob Ferreira 0.

BISHOPS 175STE FEES

Dag 2: SACS 27, Michaelhouse 24; Wynberg Boys’ High 35, Kingswood College 7; Bishops 30, St Andrew’s College 29;

Dag 1: Wynberg Boys’ High 43, St Andrew’s College 21; Michaelhouse 37, Bishops 17; Hilton College 34, Grey High School 17.

ARTHUR JOHNSON-WEEK

Dag 1: Hopetown 12, Curro Mosselbaai 0; Aliwal-Noord 26, Adamantia 5; Hoërskool Grens 47, Douglas 10; Wolmaransstad 7, Curro Langebaan 7; Paul Erasmus 7, Hartbeespoort 0; Hartswater 19, Hoërskool Middelburg (Oos-Kaap) 10; Hoërskool Punt 24, Vredendal 3.

PARYS RUGBYWEEK

Dag 1: Zastron 38, Carel de Wet 7; Heilbron 46, Hoërskool Sasolburg 0; Bothaville 19, Kempton Panorama 5; Die Ankerskool 34, Zeerust 0; Hoopstad 48, Ladybrand 17; Retief 56, Morgenzon Landbou 7; Brandfort 49, Balfour 0; Hendrik Potgieter 32, New Horizon (Harrismith) 20; Parys 34, Riebeeckstad 7; President Steyn 27, New Horizon (Bethlehem) 10.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.