Wesvalia verhang bordjies teen Eldoraigne, Die Anker steeds onoorwonne in Bowl-afdeling
Hoërskool Wesvalia het Saterdag sy plek in die eindstryd verseker, na hy die bordjies teen Eldoraigne met 36-20 kon verhang. Wesvalia het in sy groepwedstryd met 24-23 teen die Eldo’s in Pretoria vasgeval.
Hierdie keer, het dit egter na ‘n ander storie geblyk. Die span van Wesvalia was vinning uit die blokke en het vroeg ‘n gemaklike voorstand opgebou om rustyd 19-6 lemoene te geniet.
Sy regtervluel, Teboho Sekonyela, het vir die tweede opeenvolgende week ‘n driekuns aan drieë behaal. Sekonyela gaan die eindstryd met ses drieë in slegs twee wedstryde in en sal hoop sy goeie spelpyl voort te sit wanneer hy sy verskeinimg in Brakpan maak.
Die span van Klerksdorp het die oorhand voorlangs geniet. Sy flank-paar was aan die voorpunt van die aanslag. Franco Dumond (Oopkant-flank) kon daarin slaag om twee keer die Eldo’s se doellyn oor te steek terwyl Hennoh Visser (toekant flank) ook vyf punte van sy eie kon bydra.
Die duo was nie net ‘n doring in die vlees op die aanval nie, maar was ook ‘n konstante bedreiging by die afbreekpunte. Albei kon daarin slaag om die Eldo’s se balbesit te ontwrig.
Vir die Eldo’s was daar min beter as die staatmaker en kaptein, Johan Coetsee. Coetsee was regdeur die seisoen uitstekend in die agt-trui en was hy insrumenteel tot sy span se sukses. Hy is ook sy span se voorste driedrukker vir die 2023 seisoen na hy Saterdag weer agter Wesvalia se doellyn gaan kuier het.
Agterlangs was die Eldo’s se losskakel, Reynier Kidson, weer sekuur met sy korrelwerk pale toe. Kidson was deur die loop van die seisoen konstant vanaf die skokegel en spog met ‘n 100% slaagsyfer in Saterdag se halfeindstryd. Die losskakel kon daarin slaag om twee doelskoppe en twee strafdoele deur die mikke te jaag.
Wesvalia sal nou die fokus na ‘n titaniese eindstryd teen Die Anker verskuif.
Die Anker het sy halfeindstryd gemaklik met 49-3 teen Merensky gewen. Die span van Brakpan het die sluise oopgemaak, na hy rustyd 0-3, agter was en het ‘n indrukwekkende 49 punte in tweede helfte aangeteken. Sy slot Ruben Herbst was weer uitstekend. Herbst het die vuur onder die groot manne voor aangesteek. Hy het ook twee keer agter die Ligbloues se doellyn gaan kuier.
Agterlangs, was dit die tuisspan se gevaarman op buitesenter, Duhan du Plessis, wat amok gesaai het. Du Plessis was genadeloos en het gereeld swakpunte in die Ligbloues se veredediging benut. Hy het soos Herbst ook twee keer die besoekers se doellyn oorgesteek.
Die Anker bly dus nog onoorwonne in die Bowl Afdeling, maar sal op sy hoede wees met die wete dat Wesvalia nie ‘n maklike taak sal wees nie.
Puntemakers:
Wesvalia 36 (19): Drieë: Teboho Sekonyela (3), Franco Dumond (2), Hennoh Visser. Doelskoppe: Rickart van Heerden (3). Eldoraigne: 20 (6): Drieë: Johan Coetsee, Xander Marx. Doelskoppe: Reynier Kidson (2). Strafdoele: Kidson (2).
Die Anker 49 (0): Drieë: Ruben Herbst (2), Duhan du Plessis (2), AJ Roux, Damien Muller. Doelskoppe: Benton Giessing (6), Wade McCrate. Merensky 3 (3): Strafdoel: Byron Hendricks.
Ander spanne:
o.16: Wesvalia 30, Hoërskool Pietersburg 21; Hoërskool Alberton 26, Die Anker 17
o.15: Hoërskool Pietersburg 19, Die Anker 3; Wesvalia 28, Potchefsroom Volkskool 17
o.14: Hoërskool Pietersburg 20, Potchefstroom Volkskool 11; Die Anker 13, Wesvalia 7