SuperSport Schools Plus

Wesvalia gaan dit nie maklik vind teen Eldos in halfeindronde van Bowl-afdeling nie

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-08-18 Tags: , , , ,

NuusG DieAnkerWesvalia het ‘n groot hekkie wat op hom wag wanneer hy Saterdag op sy tuisveld in Klerksdorp teen Eldoraigne in die halfeindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling te staan kom.

Die span van Wesvalia het na die groepwedstryde die tweede posisie op die puntelys ingeneem, wat aan hom die tuisvoordeel bied vir Saterdag se wedstryd.

Wesvalia sal hoop om die bordjies te verhang na hy in die vorige kragmeting teen die Eldos met een punt, 24-23, in Pretoria vasgeval.

Albei spanne is op goeie dreef na hulle verlede naweek reuse-tellings op die bord kon sit. Die span van die Jakarandastad het die Hoërskool Alberton gemaklik met 67-12 afgeransel, terwyl Wesvalia vir Dr. Malan (0-99) stert tussen die bene huistoe gestuur.

Eldoraigne se afrigter, Vian Steynen, het vier veranderinge, aan die span wat vir Alberton getroef het, aangebring. Ivan Vermeulen skuif op binnesenter in met Rynhardt Gelderblom wat na die plaasvervangerbank sal skuif.

Vermeulen se goeie vertonings na sy besering dra by dat hy weer sy plek in die beginspan, langs sy sentermaat Marchand Nel, inneem. Die Eldos sal hoop dat die duo weer amok kan saai onder die Wesvalia-verdedigers en gee aan hulle ekstra diepte op verdediging met albei wat deur die seisoen rotsvaste vertonings opgelewer het.

Voorlangs sal die agtsteman, Johan Coetsee, goed dopgehou moet word. Coetsee het verlede naweek vier keer agter Alberton se doellyn gaan kuier en deur die loop van die seisoen gewys dat hy ‘n moeilike man is om grond toe te bring. Saam met Coetsee sal Myburgh van Wyk (slot) ‘n doring in die vlees van Wesvalia wees.

Van Wyk is uitstekend met bal in hand en word selde voor die voordeellyn gestuit. Hy is ook rotsvas op verdediging en sal ‘n belangrike rol speel in die verdedigings kanale om die afbreekpunte en sal poog om met sy fisiekheid sy span op die voorvoet te hou.

Wesvalia se span is onveranderd na sy kragmeting verlede naweek.

Die trio, Junior Kuhn (haker), Francios Dumond (flank) en Teboho Sekonyela (regtervleuel), wat verlede naweek elk ‘n driekuns aan driee aangeteken sal weer hul verskeining op hul onderskeie posisies maak. Kuhn is tot dusver woelwater en sit elke wedstryd sy lyf op die spel vir sy span. Sy kollega Dumond is ook tot hede uitstekend en sal albei belangrik wees om die vir Van Wyk en Coetsee voorlangs te neutraliseer.

Agterlangs sal die Eldo-verdedigers op hul hoede moet wees, nie net vir Sekonyela nie, maar vir sy vleuel-maat Werner Kruger ook. Die twee in agterste driehoek het deur die seisoen die punte opgestapel en sal albei Saterdag baie belangrik wees vir Wesvalia.

Die Anker sal Merensky van Tzaneen terug verwelkom in Brakpan vir die se halfeindstryd. Die Anker gaan die kragmeting in sonder enige veranderings aan die span wat verlede week vir Potchefstroom Volkskool in Potchefstroom geklop het. Die groot nuus is egter dat die woelwater Craven Week flank, Divan du Plooy, terugkeer van sy enkelbesering af en op die plaasvervanger bank sal wees om later in die wedstryd ‘n impak te lewer.

Aan die kant van Merensky maak sy Craven Week agsteman, Waldie Haasbroek, sy terugkeer na die beginspan. Haasbroek het in die Ligbloues se nederlaag teen Pietersburg van die bank af gespeel en onmiddelik sy teenwoordigheid aangekondig deur agter sy teenstanders se doellyn te gaan kuier.

Al het Die Anker die Ligbloues ‘n pakslae, in die uitspeel rondtes, toegedien gaan Saterdag ‘n ander storie wees met Merensky wat beoog om in sy eerste seisoen in die Bowl afdeling die eindstryd te haal.

Die Anker sal Merensky terug verwelkom in Brakpan vir dié se halfeindstryd. Die Anker gaan die kragmeting in sonder enige veranderinge aan die span wat verlede week vir Potchefstroom Volkskool in Potchefstroom geklop het. Die groot nuus is egter dat die woelwater Craven Week flank, Divan du Plooy, terugkeer van sy enkelbesering af en op die plaasvervanger bank sal wees om later in die wedstryd ‘n impak te lewer.

Die span van Brakpan het nog nie vanjaar in die reeks die knie gebuig nie.

Aan die kant van Merensky maak sy Cravenweek-agtsteman, Waldie Haasbroek, sy terugkeer na die beginspan. Haasbroek het in die Ligbloues se nederlaag teen Hoërskool Pietersburg van die bank af gespeel. Hier het hy onmiddelik sy teenwoordigheid aangekondig deur agter Pieties se doellyn te gaan kuier.

Al het Die Anker die Ligbloues ‘n pakslae van 63-10, in die uitspeel rondtes, toegedien gaan Saterdag ‘n ander storie wees met Merensky wat beoog om in sy eerste seisoen in die Bowl-afdeling die eindstryd te haal.

Die spanne: 

Wesvalia teen Eldoraigne in Klerksdorp om 10:15: 

Wesvalia: TBC.

Eldoraigne: 15 JP Meyer, 14 Hendru van Zyl, 13 Marchand Nel, 12 Ivan Vermeulen, 11 Juan Bothma, 10 Reynier Kidson, 9 Donnevin Naudé, 8 Johan Coetsee, 7 Divan de Jager, 6 Anroux du Plessis, 5 Myburgh van Wyk, 4 Shane Henery, 3 Willie Diffenthal, 2 Wickus Diffenthal, 1 Jaco Fourie.

Die Anker teen Merenky in Brakpan om 10:30:

Die Anker (moontlik): 15 Damien Muller, 14 Breedt la Grange, 13 Duhan du Plessis, 12 Branden Crous, 11 Christiaan Nell, 10 Benton Giessing, 9 Danie Smit, 8 Handru Pienaar, 7 Bradley van Niekerk, 6 AJ Roux, 5 Ruben Herbst, 4 Reagan Pretorius, 3 Daniel du Toit, 2 Dihan de Villiers, 1 Buks Britz.

Merensky: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Clifford Ledwaba, 13 Klokke Mohlala, 12 Ulrich Mare, 11 Mahlatse Semosa, 10 Byron Hendricks, 9 Dirk De Nysschen, 8 Waldie Haasbroek, 7 Tian Viljoen-Krugel, 6 Hardus Terblanche, 5 Zander Heydenrych, 4 Luan Verster, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Divan Pietersen.

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.