SuperSport Schools Plus

Wessies wil vanjaar verdere opslae maak

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-02-05 Tags: ,

FOTO: Marius Nortjé

Na twee uiters suksesvolle seisoene bevind Hoërskool Wesvalia homself vanjaar onder selfs groter honde wat die land se skolerugbykringe betref.

Volg al die Wessie-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Die Wessies wat verlede jaar as kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling gekroon is, skuif vanjaar op na die Plaat-afdeling waar hulle met rugbykragte, soos die verdedigende kampioen, HTS Middelburg, moet meeding.

Wesvalia het in 2024 met ‘n onoorwonne rekord in die Skild-afdeling gespog. Dit was boonop die tweede keer in twee jaar dat hy, nadat hy promosie verwerf het, as kampioen gekroon is.

Benewens die nuwe uitdaging van die Plaat-afdeling, is die span van Klerksdorp oorgehaal om vanjaar nie slegs die eindstryd van die NWU Prestige-reeks te haal nie, maar dit óók te wen. Dié veldtog skop op 8 Maart af teen die tradisionele aartsvyand, Hoërskool Die Anker, van Brakpan.

Die Wessies was naaswenners in 2024, nadat hulle in die finaal naelskraaps met 6-11 teen die sterk Hoërskool Noordheuwel vasgeval het. Vanjaar, met die afwesigheid van sowel die Blues as Hoërskool Rustenburg, behoort hulle beslis ‘n oog op die trofee te hê.

Die span van Klerksdorp, wat geen veranderinge aan sy bestuurspan aangebring het nie, se seisoen begin op 22 Februarie teen Hentie Cilliers . Die ervare voorspelerafrigter, Willem van der Sandt, wat ook verlede jaar die Luiperds se Cravenweek-pak gebrei het, behoort uit te sien na ‘n opwindende seisoen met ‘n string staatmakers steeds tot sy beskikking.

Oopkantflank, Franco Dumond, se teenwoordigheid in sy tweede jaar van eerstespan-rugby bied broodnodige ervaring in die los, terwyl Quewen Fourie, ook ‘n kranige krieketspeler, en Tiaan de Kock hul opwagting in die senior groep maak. Albei het die Luiperds by verlede jaar se Grant Khomo-rugbyweek by Grey High School in Gqeberha verteenwoordig. Hul veelsydigheid kan die afrigtingspan, en vernaam Van der Sandt, met talle hoofbrekens laat.

Agterlynafrigter, Donald Richter, behoort breed te glimlag met die terugkeer van drie gevaarlike pyle in sy aanvalskoker. Eduard Dreyer is gunsteling om die nr. 10-trui oor die kop te trek, terwyl die sneller op linkervleuel, Fafa Calitz, en buitesenter, Jeandré Snyman, saam met Dreyer, hope talent tafel toe bring.

Die 10de Mei is ‘n datum wat met rooi omkring sal word deur Klerksdorpers. Dit is wanneer die Klerksdorp-derby tussen Wesvalia en Hoërskool Klerksdorp vanjaar, danksy die Wessies se promosie na die Plaat-afdeling, vir die eerste keer in vyf jaar plaasvind.

Voor dié derby, toer Wesvalia eers na George in die Suid-Kaap, met die bepalings vir die toer wat nog gefinaliseer moet word. Tesame met die strawwe NWU Prestige-reeks, bied dit vir die Klerksdorpers genoegsame voorbereiding vir die SDC Noordvaal Cup, waar hul mikpunt ‘n plek in die halfeindronde is. Dit sal geensins as ‘n verrassing te kom indien hulle dit wel vermag nie.

Bepalings vir 2025:

#nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4nt_header_5nt_header_6
122/02/2025WesvaliaHentie Cilliers
201/03/2025WesvaliaWittebergKlerksdorp
308/03/2025WesvaliaDie AnkerNWU Prestige Series
411/03/2025WesvaliaPotchefstroom GimnasiumNWU Prestige Series
515/03/2025WesvaliaWagposNWU Prestige Series
621/03/2025WesvaliaTBCNWU Prestige Series
730/03/2025WesvaliaTBCSouthern Cape Tour
802/04/2025WesvaliaTBCSouthern Cape Tour
904/04/2025WesvaliaTBCSouthern Cape Tour
1012/04/2025WesvaliaTBCNWU Prestige Series
1126/04/2025WesvaliaTBCNWU Prestige Series
1210/05/2025WesvaliaHoërskool Klerksdorp
1317/05/2025WesvaliaLigbron AkademieKlerksdorp
1424/05/2025WesvaliaOos-MootKlerksdorp
1531/05/2025WesvaliaHTS MiddelburgKlerksdorp
1607/06/2025WesvaliaZwartkopCenturion
1726/07/2025WesvaliaMarais ViljoenAlberton
1802/08/2025WesvaliaHoërskool MiddelburgMiddelburg
1916/08/2025WesvaliaKempton ParkKlerksdorp
Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.