SuperSport Schools Plus

Wesgrow Sentrale Sportreeks: Nóg ‘n naweek propvol netbalaksie

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-04-18 Tags: , ,

WesgrowLigaDie Wesgrow Sentrale Sportreeks-spanne is oorgehaal vir nog ‘n naweek van opwindende netbal-kragmetings. Agt spanne van die Vrystaat en Noord-Kaap ding mee om die gesogte Wesgrow-titel.

In Bloemfontein is die plaaslike skole slaggereed om mekaar die stryd aan te sê, met Hoërskool Sentraal en Hoërskool Fichardtpark wat mekaar weer pak om 12:30 by Fichies.

In nog ‘n boeiende kragmeting ontvang Hoërskool Goudveld om 11:40 vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool by Gouties in Welkom, terwyl Hoërskool Jim Fouché en Hoërskool Diamantveld, van Kimberley, om 11:20 kragte meet by Tralies.

Hoërskool Witteberg en Hoërskool Trio, wat ook deel vorm van die reeks, het reeds vandeesweek teen mekaar gespeel, met Witteberg wat met 43-24 geseëvier het.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.